Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Vrae oor ‘kaping’ van Transnet-oues se pensioen

Regiments Capital, ’n maatskappy verwant aan die omstrede Gupta-familie wat by staatskaping betrek is, was in ’n stadium as beleggingsadviseur by die Transnet-tweedevastevoordeelfonds aangestel.

Transnet-pensioentrekkers stap ’n paar jaar gelede na die Uniegebou in Pretoria om te pleit dat pres. Jacob Zuma hul pensioene verhoog. Foto: Herman Verwey

In dié hoedanigheid het Regiments transaksiegelde van R228 miljoen betaal aan Trillian Capital Partners – ook ’n Gupta-verwante maatskappy. Dit blyk uit skriftelike antwoorde van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, op parlementêre vrae van die VF Plus-parlementslid adv. Anton Alberts.

Alberts het gevra waarom die trustees van die fonds ’n oop mandaat aan Regiments as beleggingsadviseur gegee het om beleggings na gelang van sy beste oordeel namens die fonds te doen, sonder om die trustees te raadpleeg.

Volgens Gordhan, wie se antwoorde tegnies gegrond is op inligting wat van Transnet ontvang is, het Regiments die betalings aan Trillian gedoen vir dienste gelewer tydens die strukturering van ’n beleggingstransaksie. Maar die fonds het later gevind geen sulke gelde was betaalbaar afsonderlik van die kostestruktuur waarop oorspronklik in sy ooreenkoms met Regiments oor sy beleggingsbestuursmandaat ooreengekom is nie.

Volgens Gordhan het Transnet ontken dat die fonds ’n oop mandaat aan Regiments gegee het.

Die fonds is dieselfde fonds waaraan sowat 50 000 afgetrede Transnet-werkers behoort wat tans onder erge geldelike druk is weens jaarlikse pensioengeldverhogings van net 2%. Die pensioentrekkers is in ’n groepseis teen die fonds en Transnet gewikkel om meer as R80 miljard van hulle te eis.

Volgens Gordhan was die trustees se besluit om Regiments aan te stel as beleggingsadviseur geneem ingevolge die reëls van die fonds.

Die trustees wat die besluit geneem het, was H. Gazendam, Y. Forbes, E. Tshabalala, R. Louw, V. Naidoo, C. Fichardt. J. Benwell, M. Myburgh en J. Grobler. Alberts wou weet of enige van hulle voorheen of tans in die Transnet-direksie gedien het. Gordhan het bevestig dat Gazendam, Forbes en Tshabalala wel voorheen in die Transnet-direksie gedien het.

Op ’n vraag van Alberts het Gordhan gesê Transnet se direksie het nie enige rol gespeel in die aanstel van Regiments Capital as beleggingsadviseur van die fonds nie.

Die verdagte en problematiese rol wat Regiments Capital, Trillian Capital Partners en ander maatskappye in staatskaping gespeel het, sal verder ondersoek word deur die direksies van staatsondernemings, asook na verwagting deur die Zondo-kommissie, het Gordhan gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.