Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Vrystaters, kom gesels saam oor jou aftreegeld!

So ’n paar jaar voor aftrede begin ons almal die somme oor aftrede doen.

Dis goeie nuus dat mense al hoe langer leef en ook langer gesond bly, maar dit het nogal verreikende implikasies vir hoeveel geld ons vir aftrede nodig het.

Rocco Carr, bestuurder van sake-ontwikkeling by Glacier van Sanlam in Bloemfontein, gesels Donderdag om 16:00  op die Vrystaat-Kunstefees met Hanlie Stadler, sakeredakteur van Netwerk24, oor aftreebeplanning. Ons probeer veral raad gee vir mense wat voel die kalf is in die put – dat hulle naby of ná aftrede is met te min eiers in hul nes.

Die gesprek is gratis en vind plaas in die Netwerk24-feeskafee op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Onder die vrae wat ons beantwoord, is:

  • Hoe weet jy of jy genoeg het om gemaklik af te tree?
  • Hoe gemaak as jy betreklik laat in jou lewe nog nie ’n sent vir aftrede gespaar het nie?
  • Waar moet jy jou geld belê as jy onseker is of jy genoeg het?
  • Hoeveel van jou aftreekapitaal kan jy beskostig om te jaarliks onttrek?
  • Wat kan jy doen as jou volhoubare onttrekking nie jou uitgawes dek nie?

Ons gesels ook oor die kommer van staatsamptenare oor hoe hul pensioenfonds bestuur word. Moet hulle eerder voor aftrede bedank sodat hulle hul geld self kan bestuur?

Nog baie ander vrae sal ook bespreek word.

Intekenare van Netwerk24 kry boonop ’n omvattende artikel met al die raad op ’n geheueskyfie – al die raad nie net aftreebeplanning nie, maar ook oor die onderwerpe wat ons op ander voorleggings op die fees bespreek.  Dit sluit in die vorige dag se sessie, “Die A tot Z van koop om te verhuur” en Vrydag se sessie, “Entrepreneurs: Wenke wat werk”. Vrydag se sessie is ook om 16:00.

Kom gesels saam – ons hoor graag vandag van mense wat self al lesse oor aftreebeplanning geleer het.

O, en daar is ’n glasie wyn op die huis vir intekenare!

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1024,16 (916)
  • Top 40 49995,65 (65670)
  • All Share 56113,06 (67103)
  • Resource 10 39715,08 (29114)
  • Financial and Industrial 30 76821,57 (116914)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.