Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
10X in die sop oor hy sê ‘batebedryf lieg’

Die Advertensiebeheerraad (ARB) sê fondsbestuurders het al in die verlede gelieg, maar dokters, regslui, motorverkopers en munisipale klerke doen dit ook.

Steven Nathan, stigter en uitvoerende hoof van 10X Investments.

Dit is dus nie ’n inherente swakheid van die beleggingsbedryf nie, het die ARB bevind na aanleiding van ’n klagte van Prudential Asset Managers teen hul mededinger 10X Investments.

10X, wat in passiewe beleggings sonder fondsbestuurders spesialiseer, is beveel om ’n advertensieveldtog onmiddellik te staak weens moontlike leuenagtigheid oor syfers.

Die een advertensie se slagspreuk is: “Syfers lieg nie. Maar jou fondsbestuurder doen dit dalk.”

Dit wys hoe 10X se uitvoerende hoof ’n leuenverklikkerstoets aflê.

Prudential het kapsie gemaak deur te sê 10X gee te kenne dat alle beleggingsmaatskappye se uitvoerende hoofde vir hul beleggers lieg, en dat 10X se advertensie beleggings en spaar onder lede van die publiek ontmoedig.

Prudential sê twee van 10X se advertensies was nie op feite gegrond nie en net bedoel om mededingers af te kraak – wat teen die gedragskode vir adverteerders is.

Adverteerders mag wel op ’n inherente swakheid in ’n bedryf wys, maar die ARB sê leuenagtige fondsbestuurders is nie hier van toepassing nie. Die ARB meen al drie voorbeelde in 10X se advertensie skimp na Coronation, Prudential en Investec se advertensieveldtogte.

Die gewraakte 10X-advertensie lui: “Die meeste aftreemaatskappye sal nie wil hê jy moet hierna kyk nie, om ’n goeie rede. Want hoekom moet die waarheid nou in die pad staan van ’n goeie storie? Of dit nou ’n man is wat bome langs ’n rivier plant (soos in ’n bekende Prudential-advertensie), ’n kind wat jare wag vir die perfekte afspraak (soos in ’n bekende Investec-advertensie) of ’n blinde dokter wat sy gemeenskap se guns wen (soos ’n Coronation-advertensie). Dis alles net ’n afleiding – nie die waarheid nie.”

10X het in hul verdediging gesê hulle het nooit te kenne gegee álle fondsbestuurders lieg nie. “(Steven) Nathan (uitvoerende hoof) eindig die video met ’n eenvoudige vraag (of die uitvoerende hoof van jou maatskappy so ’n toets sal ondergaan). Die antwoord kan net sowel ‘ja’ wees. Dis nie ’n kategoriese verklaring dat alle uitvoerende hoofde leuenaars is nie.”

10X sê hul unieke verkoopspunt is juis dat hul passiewe fondse geen bestuurders het wat vir jou kan jok nie.

10X is opdrag gegee om nooit weer die advertensie in sy huidige formaat te gebruik nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2185,94 (918)
  • Top 40 50077,78 (-5644)
  • All Share 56123,83 (-9658)
  • Resource 10 43758,63 (-5410)
  • Financial and Industrial 30 76079,11 (-10135)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.