Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
10X Investments se stigter sê vaarwel

Steven Nathan, stigter en die afgelope 15 jaar uitvoerende hoof van 10X Investments, het op 31 Desember bedank om ander belange na te jaag.

Steven Nathan, uitvoerende hoof van die beleggingsfirma 10X.

Die maatskappy se uitvoerende voorsitter, Henk Beets, sal waarneem as uitvoerende hoof.

’n Permanente opvolger gaan so gou moontlik aangewys word.

Die effektetrustmaatskappy bemark sy indeksvolger-fondse as eenvoudige, laekoste- en deursigtige beleggingsprodukte.

Old Mutual Private Equity (OMPE) en DiGame Africa (DiGame), tesame met die bestuurspan, besit ná sy vertrek ’n wesenlike meerderheidsbelang in die maatskappy.

OMPE en DiGame besit sedert 2017 belange in 10X Investments.

Paul Boynton, gesamentlike uitvoerende hoof van Old Mutual Alternative Investments (OMAI), sê OMPE se belegging in 10X Investments toon sy vertroue in die onderneming.

“10X is goed geposisioneer in die aftree- en spaarmark en bied ’n eenvoudige, kostedoeltreffende oplossing wat mettertyd beter as die bedryf sal vaar.”

Samer Salty, direkteur van DiGame, sê daar is wêreldwyd ’n aansienlike verskuiwing van beleggers van aktief bestuurde fondse na passiewe en indeksvolgerfondse.

Hy sê OMPE en DiGame gaan saam meer belê om ’n groter tegnologiese voorsprong te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.