Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
2019 kan nét beter wees ná nagmerrie-jaar

Beleggers kan nie wag dat die nagmerrie van 2018 verby moet wees nie. Bateklasse oor ’n breë front het bedremmelde opbrengste gelewer: van die JSE se indeks van alle aandele (-12,3%) en bates in ontluikende markte (-1,4%), tot kriptogeld (in gevalle tot -76%) en selfs randverskansers soos British American Tobacco (-42%).

2018 het negatiewe opbrengste opgelewer, selfs vir baie mense wat in oorsese aandele belê het. Foto: iStock

Goud (dollarprys) het 5,4% in waarde verloor en die rand 15,7% teenoor die dollar. Lightstone-data wys reële huisprysgroei het met 1,6% ingekrimp.

Vir bitcoin was dit ’n bitter pynlike jaar. Volgens Luno het bitcoin (in rand) met 76,25% geval. Begin vanjaar was een bitcoin nagenoeg $17 000 werd, maar nou net $4 000.

Eens liefling-maatskappye soos Steinhoff en Aspen se aandeelpryse het onderskeidelik 96% en 50% van hul waarde verloor, sê Peter Brooke, hoof van MacroSolutions by Old Mutual Investment Group (Omig), in ’n 2018-oorsig. Suid-Afrikaanse genoteerde eiendom het 24,5% se waarde ingeboet.

Gielie de Swardt, hoof van kleinhandelverspreiding by Sanlam Investments, sê dit was die slegste jaar vir plaaslike markte sedert die finansiële krisis in 2008-’09. Internasionaal was die prentjie tot Oktober rooskleurig, maar toe het markte ’n geraamde $2 000 miljard in waarde verloor.

Schalk Louw het onlangs in Finweek geskryf in ontwikkelde lande het die FTSE 100 op die Londense aandelebeurs sleg gevaar (-4,3%), en die Japanse Nikkei 225 se inkrimping vir die jaar was op 0,8%. MSCI se ACWI-wêreldindeks het 0,9% laer verhandel.

Solank jy aan jou belegging vashou, bly dit verlies op papier.
Gielie de Swardt van Sanlam Investments

Hoewel die S&P 500 ook ’n terugslag beleef, verhandel dit sowat 6% hoër.

Volgens Dave Mohr en Izak Odendaal, beleggingstrateë by Old Mutual Multi-Managers, maak plaaslike aandele vir die meeste Suid-Afrikaanse beleggers die grootste deel van hul portefeuljes uit weens regulatoriese beperkinge op hoeveel geld pensioenfondse in die buiteland mag belê.

Hulle haal syfers van die Vereniging vir Spaar en Belegging (Asisa) vir die derde kwartaal aan dat sowat die helfte van R2 300 miljard wat in effektetrusts belê is, in plaaslike multibatefondse is. R406 miljard is belê in Suid-Afrikaanse ekwiteitsfondse, teenoor R138 miljard in buitelandse ekwiteitsfondse (regstreekse buitelandse beleggings uitgesluit).

beleggings

Die impak van die plaaslike mark se swak vertoning word dus wyd gevoel, skryf hulle. Dit troos effens dat die meeste beleggers in multibate- fondse belê is, wat die daling in aandelewaardes kan versag.

Diversifikasie deur multibatefondse het die pyn verlig, maar beslis nie weggevat nie, wys die statistieke van Profile FundsData:

  • Die gemiddelde opbrengs vir die jaar vir alle multibatefondse (hoë aandele) was -3,31%.
  • Medium-aandelefondse vir konserwatiewer beleggers het óók gemiddeld met 1,86% gekrimp.
  • Multibatefondse met lae blootstelling aan aandele, wat wyd gebruik word deur mense wat byna of reeds afgetree het, se gemiddelde opbrengs was maar 1,33%, en in reële terme het hulle dus agteruit geboer. Hier was wel uitskieters soos die Allan Gray Optimal Fund (10,83%) en Absa Inflation Beater (8,44%), maar die swakste vertoners soos die Prudential Inflation Plus-fonds (-3,74%) en Stanlib se fonds van fondse Low Equity Passive Ba­lanced (-4,01%) was genoeg om beleggers oor die rand te stoot.
  • Effektetrusts wat net in oorsese aandele belê en wat in onlangse tye markgunstelinge was, het ook gemiddeld met -1,42% gekrimp. Beleggers in Investec se Global Franchise Feeder-fonds het die beste gevaar (9,46%). Die gewilde Allan Gray-Orbis Global Equity Feeder-fonds het die heel swakste gevaar in randwaarde (-11,1%).

De Swardt sê solank jy aan jou belegging vashou, bly dit verlies op papier. Langtermynbeleggers sal dit uitwis. “Dis nie ons eerste negatiewe kalenderjaar nie.”

beleggings
Meer oor:  Jaaroorsig 2018  |  Beleggings  |  Effektetrustfondse  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.