Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Aandeelskemas ‘kan beter werk as Sasol s’n’
Roxanne Da Mata Goncalves van Strata-g Labour Solutions. Foto: CITY PRESS/NEWS24

Hoewel talle ander ondernemings ook al soortgelyke aandeelskemas as die Khanyisa-aandeelskema van Sasol ingestel het, hoef aandeelskemas nie noodwendig werknemers op grond van ras uit te sluit nie, sê Roxanne Da Mata Goncalves van Strata-g Labour Solutions.

Sy glo maatskappye behoort in die algemeen hul huidige aandeelskemas te evalueer om met meer billike oplossings vorendag te kom. “Niks verhoed maatskappye om aandeelskemas te skep waar alle werknemers in die werknemertrusts ingesluit is nie. Dit het die steun van alle werknemers nodig, asook duidelik gedefinieerde intree- en uittree-klousules,” sê Da Mata Goncalves in ’n verklaring.

Dit kom te midde van die vakbond Solidariteit wat Donderdag hof toe gaan om al sy lede die reg te gee om te staak ter ondersteuning van Sasol-werkers wat protesteer teen wat hulle as die petrochemiese reus se diskriminerende personeelaandeelskema beskou.

Da Mata Goncalves sê ’n intree-klousule kan byvoorbeeld bepaal dat alle lojale personeellede wat vir meer as vyf jaar by die maatskappy gewerk het, deel kan word van die werknemertrust. Die aandeelverhouding kan dan wees dat alle wit personeel 25% van die aandele kry en alle swart personeel 75% van die aandele. Op hierdie manier kan ’n maatskappy steeds sy 75%- swart aandeelhouding bereik. Dit sal voldoen aan die minimum vereiste van 25%- swart eienaarskap, verduidelik Da Mata Goncalves.

Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Almal verstaan dat breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging deel is van die Suid-Afrikaanse sakelandskap. “Die sektor-kodes het Sasol waarskynlik onder druk geplaas om sy regstreekse swart eienaarskap te verhoog om sy verlangde vlak 4-bemagtigingstatus teen 2020 te bereik. Maar ek glo hul skema is nie die enigste roete wat Sasol kon volg nie.”

Maatskappye kan finansieringsmeganismes vir alle personeel voorsien om aandele te koop, maar elke werknemer toelaat om net ’n sekere aantal aandele te koop. Dit kan potensieel meer regverdig wees en nie as diskriminasie beskou word nie,” sê Da Mata Goncalves.

Dit spruit uit die onmin onder wit Sasol-werkers dat Sasol se Khanyisa-skema se tweede fase teen wit werkers diskrimineer.

“Die struktuur van die tweede fase van Khanyisa lyk asof dit teen wit Sasol-werknemers met lang diensjare in Sasol Suid-Afrika diskrimineer, en baie het aangevoer die eerste fase van die skema is bloot ’n poging om dié diskriminasie weg te steek.”

Sasol se vorige bemagtigingskema, Inzalo, het misluk en het te veel skuld gehad, is deur wit eienaarskap verwater en het nie voldoen aan die minimum vereiste van 25%- swart eienaarskap wat Sasol Suid-Afrika wou bereik nie, sê Da Mata Goncalves.

Solidariteit gaan Donderdag die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg nader sodat sy 180 000 landwye lede saam met Sasol-werkers kan staak oor rasse-uitsluiting by personeelaandeelskemas.

Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit, sê hulle doen die aansoek ingevolge art. 77 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, wat werkers die reg gee om wettig te protesteer vir ’n maatskaplik-ekonomiese belang. Die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) het die vakbond se aansoek om teen eksklusiewe personeelaandeelskemas te protesteer, vroeër geweier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.