Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Aandele is beste bateklas in Maart
aandele
Inflasie in die eerste kwartaal was onder 4,5% – dit was 4% in Januarie en 4,1% in Februarie. Foto: Pixabay

In die eerste kwartaal van 2019 het die JSE vir beleggers ’n opbrengs van byna 8% opgelewer.

As die beurs dié pas kan volhou, lê ’n goeie jaar voor vir mense wat die afgelope jare te midde van teleurstellende opbrengs geduldig in aandele belê gebly het.

Aandele, soos gemeet aan die JSE se indeks van alle aandele, was die beste bateklas vir Maart (met ’n maandopbrengs van 1,56%) en vir die kwartaal (7,97%). Die bateklas se jaaropbrengs van 5,04% beteken dit het inflasie geklop, hoewel nie met veel nie.

Inflasie in die eerste kwartaal was onder 4,5% – dit was 4% in Januarie en 4,1% in Februarie; die verwagting is dat dit in Maart weer effens gestyg het, maar dié syfer word eers volgende week uitgereik.

In Januarie het genoteerde eiendom die beste gevaar, met ’n maandopbrengs van 8,39%, en in Februarie was aandele ook die maandwenner, met 3,41%.

Maand- en selfs jaaropbrengs is weliswaar nie maatstawwe waaraan langtermynbeleggers prestasie moet meet nie aangesien dit heelwat wisselvalligheid weerspieël.

Die bateklas wat nou die beste op ’n jaargrondslag vaar, is kontant, soos aan die SteFi, ’n geldmarkindeks, gemeet. Dit het ’n opbrengs van 7,26% vir die jaar tot einde Maart opgelewer. Die opbrengs vir die eerste kwartaal was 1,73% en net vir Maart 0,57%.

Genoteerde eiendom bly ’n swart kol vir beleggers. Dié bateklas het wel in die eerste kwartaal ’n positiewe opbrengs opgelewer, maar die jaaropbrengs is diep in die rooi. Die indeks van Suid-Afrikaans genoteerde eiendom het in die kwartaal met 1,45% en die indeks van alle eiendomme met 1,25% gegroei.

Die eerste indeks is maatskappye wat hul primêre notering op die JSE het, terwyl die alle-eiendomsindeks ook maatskappye met ’n sekondêre notering op die plaaslike beurs insluit.

Op ’n maandgrondslag het SA genoteerde eiendom -1,46% en oor 12 maande -5,68% opgelewer.

Die indeks van alle eiendomme het ’n maandopbrengs van -1,92% en ’n jaaropbrengs van -6,95% opgelewer.

Genoteerde eiendom is verrinneweer deur die kombinasie van skandale – soos die vraag of binnehandel by Resilient, Fortress, Greenbay (deesdae Lighthouse Capital) en Nepi Rockcastle plaasgevind het. Daarby dra die swak ekonomie daartoe by dat die vraag na veral kantooreiendom krimp.

Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars (Sapoa) het nagenoeg 11,1% van alle kantoorruimte in Desember 2018 leeggestaan. Nuwer syfers is nog nie uitgereik nie.

Effekte, soos gemeet aan die indeks van alle effekte, kon nie inflasie vir die jaar tot dusver óf die afgelope 12 maande klop nie. In Maart het dit 1,28%, in die eerste kwartaal 3,76% en vir die jaar tot einde Maart 3,45% opgelewer.

Só lyk die opbrengs wat al vier die groot bateklasse opgelewer het:

Maandopbrengs

  • Aandele: 1,56%
  • Effekte: 1,28%
  • Kontant: 0,57%
  • Genoteerde eiendom (alle eiendom): -1,92%

Kwartaalopbrengs

  • Aandele: 7,97%
  • Effekte: 3,76%
  • Kontant: 1,73%
  • Genoteerde eiendom (alle eiendom): 1,25%

Jaaropbrengs

  • Kontant: 7,26%
  • Aandele: 5,04%
  • Effekte: 3,45%
  • Genoteerde eiendom (alle eiendom): -6,95%
Meer oor:  Kontant  |  Beleggings  |  Genoteerde Eiendom  |  Bateklasse  |  Effekte  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1337,72 (-828)
  • Top 40 50081,17 (-27911)
  • All Share 56183,21 (-35451)
  • Resource 10 44237,36 (24326)
  • Financial and Industrial 30 75163,15 (-70604)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.