Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Alternatiewe bates toon groot potensiaal
Foto ter illustrasie.

Die huidige ekonomiese klimaat en al die beskikbare beleggingsinstrumente is genoeg om enige belegger te oorweldig in sy soeke na goeie opbrengs.

Daarom is dit juis nou ’n ideale tyd om ook alternatiewe beleggingsgeleenthede te oorweeg, sê Jeff Miller, uitvoerende hoof van Grovest en Venture Capital Management Services (VCMS).

Enige weloorwoë beleggingsportefeulje behoort ’n mate van blootstelling aan alternatiewe beleggings te hê. Miller sê ’n goeie riglyn is tussen 5% en 10% se toewysing aan alternatiewe bates.

Dit sluit in private ekwiteit, waagkapitaal, verskansingsfondse, asook kuns, wyn, veteraanmotors en seldsame muntstukke. Iewers in dié mengsel word kriptogeldeenhede ook deesdae genoem.

Miller het die afgelope week met die bekendstelling van Metta Capital in Sandton gesê R1,8 miljard is reeds in bestaande geregistreerde art. 12J-fondse belê en dit sal na verwagting vanjaar tot R3,8 miljard styg.

Die nasionale tesourie het art. 12J van die Inkomstebelastingwet in 2009 bekend gestel om groei van klein en middelslag-ondernemings te stimuleer deur waagkapitaalbelegging.

Die nasionale tesourie het art. 12J van die Inkomstebelastingwet in 2009 bekend gestel om groei van klein en middelslag-ondernemings te stimuleer deur waagkapitaalbelegging.

Ingevolge die 12J-program kan enige plaaslike belastingbetaler (hetsy ’n individu of trust of maatskappy) in ’n geregistreerde waagkapitaalfirma belê met die voordeel dat die belegger sy volle belegging van sy belasbare inkomste vir daardie jaar kan aftrek. Die belastingvoordeel bly van krag solank die belegging minstens vyf jaar gehou word.

Metta Capital het ook dié week sy art. 12J-portefeulje van fondse bekend gestel wat blootstelling gee aan agt gevestigde art. 12J-fondse in verskeie sektore. Onder die sektore tel mynbou, gasvryheid, energie en telekommunikasie.

Dit is die breinkind van Miller en Malcolm Segal, stigters van Grovest en VCMS. Hulle beskryf dit as ’n hoëgehalte-portefeulje met matige risiko.

Daar is tans meer as 100 art. 12J-fondse in die mark.

Simon Brown, ’n beleggingspesialis en hoof van JustOneLap, sê die vraag is wel wie is die kenners daar buite wat behoorlike en goeie raad oor beleggings in 12J-ondernemings kan gee.

Brown was een van die paneellede wat alternatiewe beleggings op die bekendstellingsgeleentheid van Metta Capital by Summer Place bespreek het.

Volgens Miller is ’n noulettendheidsondersoek na verskeie 12J’s gedoen voordat daar op agt besluit is wat deel vorm van die Metta Capital Moderate Risk Fund 1.

Baie daarvan is ondernemings wat geruime tyd reeds sake doen.

Volgens Brown is die tariewe van toepassing op alternatiewe beleggings hoog, en kan problematies wees.

Hy verwag steeds groot wisselvalligheid in die waarde van kriptogeldeenhede soos bitcoin. Dit is nie iets waarin te veel belê moet word nie, of met die idee om vinnig ryk te word nie.

Hy is in die algemeen ten gunste daarvan dat tariewe aan prestasie gekoppel moet wees. As die batebestuurder beter as die norm vaar, is heffings geregverdig, maar as dit onder die norm presteer, behoort die batebestuurder van die geld terug te betaal.

Farzan Ehsani, hoof van blokkettingtegnologie by First Rand Group, sê kriptogeldeenhede is ’n bateklas wat nie geïgnoreer kan word nie.

Hy verwag steeds groot wisselvalligheid in die waarde van kriptogeldeenhede soos bitcoin. Dit is nie iets waarin te veel belê moet word nie, of met die idee om vinnig ryk te word nie, maar die belofte wat dit vir verandering in die finansiële wêreld inhou, is ongekend.

“Dit is die bateklas met die minste wrywing nóg en kan vinniger as enigiets anders oor grense en jurisdiksies beweeg. Dit het dus groot nut in ’n wêreld wat volgens geopolitieke grense geskei is en waar verskillende reëls van krag is. Dit is juis laasgenoemde wat wrywing in die huidige finansiële wêreld bring.”

Ehsani sê in ’n onlangse gesprek met meer as 50 batebestuurders oor kriptogeldeenhede het net een junior ontleder gesê van haar kliënte het blootstelling aan dié bateklas.

Kort daarna het sowat die helfte uit ’n groep van 300 studente by die Universiteit van Kaapstad gesê hulle besit kriptogeld.

“Dit is ’n neiging wat ons nie kan ignoreer nie. As die pryse in die nuwe bateklas gegrond is op die hoeveelheid geld wat millenniërs daarvoor tot hul beskikking het, dink net aan die ongelooflike potensiaal.”

Meer oor:  Simon Brown  |  Ekonomie  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1824,02 (-8856)
  • Top 40 52593,96 (42728)
  • All Share 58629,09 (43532)
  • Resource 10 47193,69 (-25640)
  • Financial and Industrial 30 78727,3 (104280)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.