Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Bekende batebestuurder kry boete

Die Gedragsowerheid vir die Finansiëledienstesektor (FSCA) het ’n bekende batebestuurder beboet nadat hy van 2015 tot verlede jaar twee fondse sonder goedkeuring bemark het.

36one
Cy Jacobs, een van 36One se stigters, het by navraag gesê hulle gaan die boete betwis.

Die batebestuurder 36One, wat ook verskansingsfondse bestuur, is met R350 000 beboet weens ’n oortreding van die Wet op Kollektiewe Beleggingskemas.

Die FSCA het bevind dat 36One van Augustus 2015 tot Maart 2018 beleggings aangemoedig het in twee fondse wat nie goedgekeur was nie.

Die fondse is 36One Hedge Portfolio en 36One Offshore Portfolio.

Ten tyde van die oortreding was albei fondse op die Caymaneilande geregistreer, maar die FSCA het nie goedkeuring gegee dat dit aan die Suid-Afrikaanse publiek bemark mag word nie.

By boete-oplegging word versagtende en verswarende omstandighede in ag geneem, sê die FSCA.

Die verswarende omstandighede hier was dat die fondse twee jaar en sewe maande lank op 36One se webwerf bemark is en dat die bemarking van beleggings in dié fondse hierdeur ’n wye gehoor kon bereik.

Ter versagting het die FSCA in ag geneem dat 36One saamgewerk het in die wetstoepassingsproses en die oortreding onmiddellik reggestel het nadat hy daarop gewys is. Om dié rede is ’n redelike klein boete opgelê.

Cy Jacobs, een van 36One se stigters, het by navraag gesê hulle gaan die boete betwis.

Volgens hom was dit ’n administratiewe fout wat nie tot enige beleggings deur Suid-Afrikaners gelei het nie.

Cy Jacobs, 36One
Cy Jacobs, medestigter van 36One. Dit is sy profielfoto op Twitter.

Hy sê hulle het nie besef dat dit ’n oortreding is nie.

Die fondse is bedoel vir internasionale beleggers. Dit moes dus op ’n webwerf met ’n buitelandse domein bemark gewees het en nie op die Suid-Afrikaanse webwerf nie.

“Daar is baie ander in Suid-Afrika wat dieselfde doen, maar dalk is hul fondse goedgekeur.”

Hy sê hy sal later ’n amptelike reaksie gee, maar het teen 17:37 nog nie gereageer nie.

Jacobs sê hulle het ’n internasionale batebestuursonderneming en adviseur dié onderneming oor Suid-Afrikaanse beleggings.

Die buitelandse onderneming het nou die fondse op sy webwerf geplaas.

Meer oor:  Batebestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.