Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Beleggers diversifiseer, maar nie té konserwatief

Diversifisering blyk die wagwoord vir opbrengs-honger beleggers te wees.

Die JSE in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Volgens die Vereniging vir Spaar en Beleggings in Suid-Afrika (Asisa) se syfers vir die derde kwartaal duur die tendens van die afgelope drie jaar voort dat beleggers hulle aan suiwer aandele-effektetrustfondse onttrek en meer geld in geldmark- en ander rentedraende fondse belê. Nuwe beleggings is ook meer geneig om in rentedraende kollektiewe beleggings te wees.

Daar is egter ook ’n invloei na multibate-effektetrustfondse (dus aandele, effekte, eiendom en kontant) wat ’n hoë blootstelling aan aandele het.

Sunette Mulder, senior beleidsadviseur van Asisa, sê dis interessant dat mense uit suiwer aandele skuif, maar dat baie steeds ’n hoë blootstelling aan aandele verkies. “Dit kan daarop dui dat beleggers op soek is na bykomende diversifisering van die onbestendige toestande wat in die aandelemarkte ervaar word.”

Dit kom terwyl rentedraende beleggings oor die afgelope jaar én die vyf jaar tot einde September die hoogste opbrengs opgelewer het.

Dit sal beleggers met hul oog op die horison egter dalk betaam om in ag te neem dat sowel suiwer aandelefondse en multibatefondse met ’n hoë blootstelling aan aandele beter gevaar het oor die afgelope tien en 20 jaar tot einde September.

Net in die derde kwartaal het beleggers R48 miljard in kollektiewe beleggings belê. Die totale netto invloei vir die jaar tot einde September was R137 miljard. (Die netto invloei is die verskil tussen wat beleggers insit en wat hulle onttrek.)

Hiervan is die meeste, R55,2 miljard in rentedraende portefeuljes belê, en die tweede meeste, R51,6 miljard, in Suid-Afrikaanse multibateportefeuljes.

Geldmarkportefeuljes het R32,4 miljard gelok.

Daar was ’n netto uitvloei van R3,8 miljard uit suiwer aandeleportefeuljes, en tog was daar ’n netto invloei van R8,2 miljard in multibateportefeuljes met ’n hoë blootstelling aan aandele.

Die kollektiewe-beleggingsbedryf het nou R2 400 miljard se bates onder bestuur wat oor 1 592 portefeuljes heen versprei is.

Waar is die grootste pot geld belê?

Hoewel meer geld tans invloei na rentedraende fondse en geld uitvloei uit suiwer aandelefondse, bly die totale balans van waar mense belê is, basies onveranderd. Dit lyk só:

  • 49% in Suid-Afrikaanse multibateportefeuljes (onveranderd sedert die tweede kwartaal)
  • 30% in rentedraende portefeuljes (tweede kwartaal: 29%)
  • 18% in Suid-Afrikaanse aandeleportefeuljes (tweede kwartaal: 19%)
  • 3% in Suid-Afrikaanse eiendomsportefeuljes (onveranderd).

Deur wie is die geld belê?

Dit lyk asof effens meer mense tussengangers soos finansiële adviseurs se dienste gebruik het. Van die geld is as volg belê:

  • 27% regstreeks deur individuele beleggers (tweede kwartaal: 28%)
  • 34% deur middel van finansiële tussengangers (tweede kwartaal: 33%)
  • 21% deur verskaffers van gekoppelde beleggings soos uitkeerpolisse, uittree-annuïteite en lewende annuïteite (onveranderd)
  • 18% deur pensioen- en voorsorgfondse (onveranderd)

Buitelandse fokus

Plaaslik geregistreerde buitelandse portefeuljes het einde September R493 miljard se bates onder bestuur gehad – meer as 4% of R20 miljard meer as einde Junie.

Daar was nietemin in die derde kwartaal ’n netto uitvloei van R9,8 miljard, wat beteken meer geld is onttrek as wat belê is.

Daar is tans 489 fondse wat in buitelandse geldeenhede gedenomineer is, in Suid-Afrika te koop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.