Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Beleggers stroom na geldmark
In geheel is in die jaar tot einde Junie die meeste geld die afgelope vier jaar in alle effektetrusts belê – ’n netto R160 miljard.

Effektetrusts wat in rentedraende instrumente belê en geldmarkfondse het in die jaar tot einde Junie ’n stewige invloei beleef en het beleggers beloon met onderskeidelik die beste en tweede beste opbrengs onder die verskillende soorte kollektiewe beleggingskemas.

In die jaar tot einde Junie het beleggers plaaslik die meeste geld in agt jaar vir die vergelykende tydperk in geldmarkfondse belê.

Luidens die nuutste syfers van die Vereniging vir Spaar en Beleggings in Suid-Afrika (Asisa) oor beleggings in effektetrusts of kollektiewe beleggingskemas, is daar in dié tydperk ’n netto R41 miljard in geldmarkfondse belê – met ander woorde daar is soveel méér in dié fondse belê as wat daar onttrek is.

So ’n groot syfers is laas gesien in die jaar tot einde Junie 2009 toe ’n netto R59 miljard belê is. Dit was net na die internasionale finansiële krisis van 2008 en toe Suid-Afrika in ’n resessie was, wat waarskynlik verduidelik hoekom beleggers toe meer versigtig – en dus in die geldmark – belê het.

In geheel is in die jaar tot einde Junie die meeste geld die afgelope vier jaar in alle effektetrusts belê – ’n netto R160 miljard. Die vorige hoogtepunt was in die jaar tot einde Junie 2013 toe ’n netto R215 miljard in effektetrusts belê is.

Beleggings in effektetrusts wat in rentedraende instrumente belê was ook die hoogste sedert die jaar tot Junie 2013. Dit het in die afgelope jaar ’n netto R29 miljard gelok

Sunette Mulder, senior beleidsadviseur van Asisa, sê die tendens dat beleggers meer in rentedraende fondse en geldmarkfondse belê, spruit moontlik uit ’n wag-en-sien-houding onder beleggers in ’n onbestendige mark terwyl hulle die hoë opbrengste wat die afgelope jaar deur rentedraende portefeuljes gegenereer word, kan geniet.

Sien die meegaande inligting oor hoe hoog dié fondse se opbrengs vergeleke met dié van aandelefondse is.

Geldmarkfondse is ook bevoordeel deur die netto invloei wat van maatskappye ontvang is wat hul geld hier hou in plaas daarvan om dit in produksiemiddele te belê.

In die jaar tot einde Junie het Suid-Afrikaanse aandelefondse ’n netto invloei van R20 miljard ontvang.

Watter sektore vaar die beste?
  • Die rentedraende korttermynsektor was die bes presterende sektor in die jaar tot einde Junie 2017 met ’n gemiddelde opbrengs van 8,5%.

  • Die naasbeste gemiddelde opbrengs van 7,7% is deur geldmarkfondse gelewer.
  • Algemene aandelefondse het ’n teleurstellende opbrengs van -1% in die jaar tot einde Junie gelewer. Dit word toegeskryf aan die swak vertoning van die JSE se indeks van alle aandele wat met net 1,7% gestyg het.

Volgens Mulder is dit buitengewoon hoog.

In die voorafgaande 11 jaar is net een keer min of meer soveel ontvang toe R28 miljard in die jaar tot einde Junie 2015 ontvang is.

Sy meen dit toon sommige beleggers verwag ’n herstel in die aandeelmark.

Die meeste beleggers verkies steeds multibatefondse.

Dié fondse, wat in ’n verskeidenheid bateklasse belê, het die meeste van die netto invloei in die jaar tot einde Junie gekry – R49 miljard.

Dít is egter die minste in ses jaar oor hierdie spesifieke tydperk.

Die tien grootste fondse (met verlede jaar se bates in hakies)
  1. Allan Gray Balanced Fund: R131,6 miljard (R118,5 miljard)
  2. Coronation Balanced Plus Fund: R84 miljard (R82,7 miljard)
  3. Absa Geldmarkfonds: R61 miljard (R57,4 miljard)
  4. Foord Balanced Fund: R44 miljard (R48,8 miljard)
  5. Allan Gray Stable Fund: R43,5 miljard (R40 miljard)
  6. Investec Opportunity Fund: R43,4 miljard (R42 miljard)
  7. Allan Gray Aandelefonds: R38,9 miljard (R39,2 miljard)
  8. Prudential Inflation Plus Fund: R37 miljard (R38,8 miljard)
  9. Coronation Balanced Defensive Fund: R36,4 miljard (R39,3 miljard)
  10. Stanlib Corporate Geldmarkfonds: R34 miljard (vervang die Nedgroup Investments Stable Fund wat verlede jaar in die tiende plek was)

Meer oor:  Muntslim  |  Beleggings  |  Geldmark  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1975,02 (-2032)
  • Top 40 51189,53 (136)
  • All Share 57277,35 (422)
  • Resource 10 45944,85 (25061)
  • Financial and Industrial 30 76693,8 (-18421)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.