Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Beleggings: suutjies trap vir res van 2019

Wat kan beleggers verwag vir die oorblywende kwartaal van 2019?

Die deVere-groep van onafhanklike finansiële adviseurs is nie baie optimisties nie, en meen beleggers moet eerder net hou wat hulle het of internasionaal uitbrei.

deVere
Tom Elliot, internasionale beleggingstrateeg by deVere Acuma, ’n deel van die deVere-groep.

Terwyl ander batebestuurders soos PSG Batebestuur tans goeie waarde in sekere plaaslike aandele raaksien, meen deVere beleggers moet uiters versigtig wees as hulle enige nuwe beleggings in die plaaslike mark wil doen en eers baie navorsing moet doen.

Tom Elliot, internasionale beleggingstrateeg by deVere Acuma, meen die faktore soos die wisselvallige maar algaande verswakkende rand, die opbrengs op Suid-Afrikaanse effekte, en die ineenstorting van die bopunt van die eiendomsmark dra alles by tot ’n swak vooruitsig vir die res van die jaar vir Suid-Afrikaanse beleggings.

Maar beleggers behoort steeds nie hul geld uit swak presterende bates te onttrek nie. Elliot waarsku dis nooit ’n goeie idee om aan die onderste draaipunt van ’n mark te verkoop nie. Dis wel volgens hom ’n regtig goeie idee om na internasionale markte uit te brei om die geleenthede vir groei en randverskansing te benut.

Die JSE se indeks van alle aandele het tot dusver vanjaar ’n opbrengs van 8,32% gelewer volgens Bloomberg-syfers, maar oor die afgelope 12 maande was sy opbrengs van 4,53% nie juis beter as inflasie nie. Die plaaslike beurs was erg wisselvallig.

Rand

Die rand het in Augustus met 6,5% teen die dollar verswak. Dit was die swakste prestasie van geldeenhede in opkomende markte buiten die Argentynse peso. Dit het die afgelope maand wipplank gery met verstewigings van soveel as 1,1% per dag tot verswakkings van 1,9% per dag.

Effekte

Die opbrengste op Suid-Afrikaanse effekte is volgens Elliot nog ’n bron van kommer. Dit het tot naby 9% gestyg weens politieke en ekonomiese onsekerheid. (Opbrengste op effekte styg of daal omgekeerd tot hul waarde op grond van risiko. Hoe groter die risiko, hoe groter die opbrengs en laer die prys van die effek, en hoe laer die risiko, hoe laer die opbrengs maar hoe hoër die prys van die effek.)

Internasionale bekommernisse speel ook hierin ’n rol.

Eiendom

Elliot meen die ineenstorting van die boonste deel van die eiendomsmark, soos dit deur FNB se onlangse kwartaallikse eiendomspeiling uitgewys is, is ook ’n negatiewe faktor. Dit word aangedryf deur emigrasie en internasionale eiendomsbeleggers wat belangstelling verloor in Suid-Afrikaanse eiendom weens die politieke onsekerheid. Die beleggers is veral steeds besorg oor die bedreiging van die onteiening van eiendom sonder vergoeding.

Die stagnasie in die mark het na middelvlak-huispryse versprei, sê Elliot. Dit is dus nie nou ’n goeie tyd om eiendom te verkoop nie. Maar al lyk dit soos ’n kopersmark, knou die politieke onsekerheid ook die vertroue van kopers. “Niemand wil ’n huis koop wat hulle nie kan verkoop nie.”

Meer oor:  Devere  |  Tom Elliot  |  Markte  |  Randdollarwisselkoers  |  Beleggings  |  Aandelebeurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.