Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Bitcoin kan die aandeelmark breek
Die bitcoin is ’n virtuele geldeenheid, maar enkele mense het fisieke munte laat munt.

Verbeel jou ’n wêreld waarin jy van enige plek enige aandeel kan koop sonder om via ’n aandelebeurs te werk.

Die waagkapitaalfinansier Vinny Lingham, stigter van Civic.com en medestigter van die nieregeringsorganisasie SiliconCape asook ’n direksielid van die Bitcoin-stigting, sê hy voorsien maatskappye sal mettertyd hul aandele via die blockchain noteer pleks van ’n tradisionele aandelebeurs, en mense sal die aandele dan met bitcoin verhandel.

Die beleggingswêreld kan dus ’n skuif verwag weg van sentrale magspunte na meer desentralisering.

Lingham het by Old Mutual se Tomorrow-beleggingseminaar gesê kunsmatige intelligense en sogenaamde Groot Data kan gebruik word om jou eie beleggingsportefeulje op te bou.

In Suid-Afrika is die aandelemark nie so groot nie, maar daar is meer as 10 000 verskillende aandele op die Nasdaq en New Yorkse aandelebeurs en dis bykans onmoontlik vir ’n mens om al daardie aandele deeglik te ontleed om uit te vind wie is moontlike wenners.

Lingham sê ruimte-tegnologie soos satelliete wat vir meer maatskappye bekostigbaar word, bied ontleders nou toegang tot nuwe soorte inligting om beleggingsgeleenthede te benut. Die insameling van werklike data per satelliet kan byvoorbeeld wys of ’n sekere maatskappy regtig soveel geboue, bedrywighede of bates het as wat hy beweer, of kan uitwys dat ’n maatskappy sit op ’n minerale hulpbron waarvan hy nog nie self weet nie.

Vinny Lingham, entrepreneur en stigter van SiliconCape, sê mense moenie in bitcoin belê as hulle nie weet wat hulle doen nie.Foto: TECHCENTRAL

Lingham sê die kriptogeldeenheid bitcoin het tans ’n markwaarde van $150 miljard, en dit kan teen 2022 op $5 000 miljard staan. Tot $2 miljard se bitcoin word per dag verhandel.

Vusi Thembekwayo, voorsitter en besturende direkteur van die waagkapitaalmaatskappy Watermark Advisory, het by dieselfde paneelbespreking gesê die skuif na ’n kontantlose ekonomie is deel van die nuwe tendense.

Hy was onlangs in Swede, waar daar ’n hele winkelsentrum is wat glad nie enige kontant aanvaar nie. Ezlink, ’n finansiële-tegnologiemaatskappy van Singapoer, werk aan tegnologie waar betalings gedoen word op grond van spraakherkenning.

Op ’n vraag of bitcoin-pryse nie tans in ’n borrel is nie, het Lingham erken hy sal nie nou bitcoin koop nie, maar dit is onafwendbaar dat kriptogeldeenhede die wêreld sal verander.

“Daar was nou al vier borrels in bitcoin - en elke keer is die borrel groter as die vorige een. Dit is deel van die siklus - wanneer die dom geld instroom, stroom die slim geld uit en anders om. Dit is deel van die aard van die tegnologie en ’n natuurlike siklus. Die volgende borrel kan by $20 000 per bitcoin draai.”

Hy meen die grootste risiko vir kriptogeldeenhede is “mense wat dit koop terwyl hulle nie weet wat hulle doen nie”.

Lingham meen dis die jong mense, millenniërs - kinders van 16 tot 18 - wat tyd het om die nuwe tegnologie te leer en dit te verstaan wat geld gaan maak daaruit. Die ouer mense met gesinne en werk het nie tyd om dit aan te leer nie.

Meer oor:  Bitcoin  |  Blockchain
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.