Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Bitcoin skiet op, en op, en op
Die prys van bitcoin gaan van krag tot krag.

Die wêreld se grootste digitale geldeenheid volgens markwaarde stoom voort.

Bitcoin het oor die naweek sy hoogste vlak in meer as 15 maande bereik toe dit in ’n stadium teen meer as $11 300 verhandel het.

Dit is die jongste mylpaal vir dié kriptogeldeenheid ná ’n betreklik onstabiele jaar waartydens die prys van bitcoin tot so laag as $3 000 gedaal het.

Dié styging is egter nog nie naby bitcoin se skitterende vertoning in Desember 2017 toe die prys tot meer as $19 500 gestyg het nie.

’n Maand later het die prys in die hek geduik en leunstoel-beleggers het gevrees die bitcoin-borrel het gebars.

Skynbaar was hierdie vrese ongegrond.

Waarom styg die prys so?

Indexica, ’n data-ontleder, meen daar is hoofsaaklik drie redes oor waarom die prys van kriptogeldeenhede sedert April weer skerp begin toeneem het.

Beleggers het meer vertroue in die konsep, daar is minder kommer oor bedrog en die manier waarop daaroor kriptogeld gepraat word, het geskuif van ’n gesprek oor die verlede na een oor die toekoms.

“Die mark het meer volwasse geword sedert die laaste keer toe bitcoin meer as $10 000 werd was,” sê Matt Greenspan, markontleder by eToro aan Bloomberg.

“Hierdie lopie is meer geregverdig gegewe die huidige vlak van aanvaarding van digitale geld.”

Op die plaaslike verhandelingsplatform Luno het bitcoin ook sy hoogste vlak vanjaar bereik en verhandel nou teen bykans 90% meer as ’n jaar gelede.

’n Bitcoin het Maandagoggend teen R164 982 verhandel. Ethereum het ook ’n goeie week beleef voordat dit oor die naweek weer begin terugsak het en verhandel nou teen R4 685.

Volgens Forbes word die flink styging in die bitcoinprys ook veroorsaak deur verwikkelinge in Indië waar die vraag na digitale geld die hoogte inskiet.

Die Indiese regering is egter skepties oor die geldeenheid en daar is gissings dat hulle dit heeltemal wil verbied, wat Indiërs laat skarrel om bitcoin te bekom.

Meer oor:  Digitale Geld  |  Kriptogeld  |  Bitcoin  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.