Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Bitcoin vs. goud: Waar lê die werklike waarde?

As jy op 1 Januarie ’n bitcoin “gemunt” het, was jou munt nou al byna dubbeld soveel werd.

Dié virtuele geldeenheid het vroeër vanjaar die waarde van ’n fynons goud verbygesteek en teen Vrydag was dit $1 843 werd. Dis is meer as $600 méér as ’n fynons goud, wat Vrydagmiddag teen $1 228,50 verhandel het.

Wees versigtig

Potensiële beleggers moet uiters versigtig wees om meegevoer te raak met die skerp styging in die waarde van bitcoins.

Bitcoins se waarde word deur spekulasie opgejaag. Dit is nie ’n produktiewe bate wat rente of dividende kan oplewer nie. Dit is nog nie eens besonder algemeen as ’n betaalmiddel nie.

As die spekulatiewe borrel bars, kan die waarde van die bitcoin weer tuimel of minstens stadiger begin groei.

Suid-Afrikaners het die bykomende risiko van rand-dollar-wisselvalligheid, wat in hul guns kan werk, maar ook teen hulle kan tel indien die rand versterk.

Die feit dat die bitcoin deur geen liggaam of regering gereguleer word nie, beteken niemand is aanspreeklik nie en beleggers geniet geen beskerming nie.

Bitcoins is kodes wat deur sagteware geskep word en op rekenaars geberg word. Kuberkrakers het al beleggers se bitcoins gesteel, hoewel dit nie algemeen is nie.

- Hanlie Stadler

Die daaglikse skommelinge in die kriptogeldeenheid se waarde is enorm. Op 21 dae van die jaar het dit met meer as 5% verander, waarvan dit op nege dae laer was. Goud was vanjaar meer stabiel.

Dis egter problematies om die bitcoin met goud te vergelyk.

Niemand dink byvoorbeeld daaraan om een Apple-aandeel (sowat $155 werd) met een aandeel van, sê maar, die beligtingsfirma Acuity Brands (sowat $178 werd) te vergelyk nie. Dit bewys beslis nie Acuity, met sy totale markwaarde van $7,9 miljard, is meer werd as Apple, met sy totale markwaarde van $814 miljard, nie.

Teen die tyd dat alle bitcoins gemunt is, sal daar 21 miljoen bestaan. Dit sal na verwagting ná 2110 wees. Teen vandag se markwaarde sal al die bitcoins saam net minder as $39 miljard werd wees.

Volgens die Wêreldgoudraad is daar op die oomblik sowat nagenoeg 6 miljard fynonse goud in omloop, of nagenoeg $7 300 miljard se goud.

Vir bitcoin om werklik weer werd te wees as goud, moet een munt dus $347 000 kos.

– Bloomberg

Meer oor:  Goud  |  Goudprys  |  Bitcoin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.