Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Buitelanders klím in SA staatseffekte
Paul Hansen, fondsbestuurder van Stanlib.

Dis soos om pennies op te tel wat in die pad van die stoomroller lê.

Dít is die mening van een markontleder oor die risiko vir buitelandse beleggers om te midde van politieke storms in ’n ontluikende mark soos Suid-Afrika te belê

Hoewel Suid-Afrika, soos ander ontluikende markte, steeds vir beleggers ’n goeie rente-inkomste bied, begin al hoe meer ontleders waarsku dat die risiko’s in hierdie markte styg. En anders as gewone Suid-Afrikaners, kan buitelandse beleggers met die druk van ’n knoppie miljarde rande uit die land skuif.

Maar hoeveel steur buitelandse beleggers hulle aan die plaaslike politieke woelinge en hoeveel verstaan hulle van die implikasies?

Francois du Plessis, besturende direkteur van Vega Batebestuur, wys daarop dat Suid-Afrika nie die enigste ontluikende land is wat tans onstuimige politiek beleef nie.

“Lande soos Brasilië, Venezuela en Turkye loop ook deur en beleggers prys dit in ’n groot mate in as deel van die risiko wanneer jy in ’n ontluikende mark belê.”

Die president se dae is moontlik getel, maar hy en diegene naaste aan hom gaan veg tot die bitter einde.
Francois du Plessis

Volgens Natasha Doff, kenner van ontluikende markte by Bloomberg, het die moontlikheid van ’n beslissende botsing in Suid-Afrika tussen pres. Jacob Zuma en sy teenstanders Bank of America (BofA) genoop om ’n kortposisie op die rand teen die Turkse lira in te neem.

Sy wys op die risiko dat sentiment oor ontluikende markte vinnig kan verander en dat beleggers dan hul vingers verbrand met die drahandel, dus deur te leen in lande waar rentekoerse laag is om in meer riskante lande (soos Suid-Afrika) waar rentekoerse hoër is, te belê. “Beleggers in ontluikende markte sal wys wees om die Harvard-ekonoom Jeffrey Franke se waarskuwing ter harte te neem dat die drahandel is soos iemand wat pennies in die pad van ’n stoomroller optel,” skryf Doff.

Die beleggingsbank Morgan Stanley het in ’n ontledingstuk getiteld When the Dust Settles gewaarsku Suid-Afrika se ekonomiese groei kan vanjaar teleurstel, en die risiko is daar dat die regering met fiskale beleid sal peuter en dat daar dan verdere kredietafgraderings kan wees.

Peter Attard Montalto

Politieke risiko

“Politieke risiko oorheers weer eens die makro-ekonomiese debat in Suid-Afrika en die risiko is groot dat die land se bruto binnelandse produk weer met minder as 1% kan groei.”

Du Plessis sê die feit dat ­Zuma die aanslag op sy leierskap van die ANC oorleef het, was geen verrassing nie.

“Die president se dae is moontlik getel, maar hy en diegene naaste aan hom gaan veg tot die bitter einde.”

Hy waarsku dat die verwagting dat ’n Suid-Afrika sonder Zuma noodwendig beter sal wees, mag teleurstel.

“Wie ook al vir Zuma opvolg, gaan sy of haar hande vol hê om beleggersvertroue te herstel. Onrealistiese verwagtinge is reeds geskep ten opsigte van onder meer grondhervorming en ‘radikale ekonomiese transformasie’.”

Peter Attard Montalto, ontleder by Nomura, is ook nie verbaas dat Zuma die politieke aanslag oorleef het nie.

“Wat wel verbaas het, is die redes waarom hy die aanslag oorleef het. Hy geniet steeds ’n hoë vlak van steun in die nasionale uitvoerende komitee (NUK) en dis belangrik om daarop te let dat sy teenstanders in die NUK nie in die vergaderings teen hom praat nie. Dié situasie is die teenoorgestelde van die mark se persepsie.”

Maar dat daar steeds baie pennies is om op te tel te midde van die stoomroller-risiko’s, gaan nie ongesiens by buitelandse beleggers verby nie.

Pensioen

Waar Suid-Afrikaanse pen­sioenfondse byvoorbeeld hul beleggings in plaaslike staatseffekte tot die laagste vlak in byna vier en ’n half jaar verlaag het weens die politieke woelinge, klim buitelandse beleggers met mening in dié bateklas in. Hulle hou nou 39,4% van dié effekte – die hoogste vlak nog.

Paul Hansen, fondsbestuurder by Stanlib, het in die 8 Junie-uitgawe van Finweek geskryf hy is redelik optimisties oor die JSE se vooruitsigte en dink die mark is naby ’n deurbraak na bo.

“Ja, ons is afgegradeer tot rommelstatus, maar my kollega Kevin Lings het my daaraan herinner dat ons oor 40 jaar van apartheid oorwegend as rommelstatus gegradeer is en nie eens by die Internasionale Monetêre Fonds geld kon leen nie. Wat van onmiddelliker van belang is, is dat ontluikende markte beter vaar, en ons vind daarby baat.”

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Pensioen  |  Politiek  |  Belegging  |  Staatseffekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.