Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Tegniese ontleding: Hou Capitec se tekens dop

Capitec Bank is ’n Suid-Afrikaanse kleinhandelsbank. Sy resultate vir die ses maande geëindig 31 Augustus 2019 wys ’n 20%-styging in sy wesensverdienste per aandeel.

Capitec se wesensverdienste per aandeel het vir die halfjaar tot einde Augustus met 20% gestyg.

Sy dividend per aandeel het ook met 20% gestyg en die dividendopbrengs van die aandeel staan tans op 1,08%. Die aandeel se prysverdiensteverhouding is 27. Hy het tans 10,5 miljoen aktiewe kliënte.

Die Williams-persentasiereeksaanwyser bevestig dat die aandeel uit die oorverkoopte vlakke opgestaan het. Wanneer die -50-vlak in ’n steun verander, kan ons aanvaar dat die momentum na bo kan toeneem.

Die dalende wig (positief) is bevestig bo lyn A (R1 364,02). Die volle teiken van die formasie is R1 440 indien dit wel uitspeel.

’n Massiewe dubbelhoogte (waarskuwing) is sigbaar, wat bevestig sal word wanneer lyn B (R1 361) in ’n weerstand verander. Indien die formasie sou uitspeel, is die moontlike teiken R1 222.

’n Dubbelhoogte-formasie word gevorm wanneer twee of meer weerstandslyne (pieke) naby aan mekaar getoets word. Met ander woorde, die vorige hoogtepunt kon nie verbygesteek word nie.

Die twee pieke word geskei deur die laagste prys wat in ’n vallei lê. As die prys weer daal tot laer as die laagste punt in die vallei, is die formasie bevestig. Dit lei gewoonlik tot winsneming.

capitec

Bo R1 495 sal die waarskuwing van die dubbelhoogte van die tafel wees, wat beteken ons kan dan aanneem dat die momentum na bo kan toeneem.

Neem kennis van hoe naby lyn A, lyn B en die 100-dae- bewegende gemiddelde (R1 389,60) aan mekaar is. Dit beklemtoon die belangrikheid van hierdie vlakke. Bo dié vlakke kan ons aanneem dat die optimisme kan voortduur en onder die vlakke sal beleggers en spekulante asem ophou.

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo R1 390,20, maar gebruik R1 324,36 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is: R1 408,60; R1 418,10; R1 425,70; R1 433,40; R1 444,40; en R1 458,30.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die eerste teken dat die langtermynsentiment teenoor die aandeel na positief kan draai, is wanneer die 100-dae- bewegende gemiddelde (R1 389,60) in ’n steun verander en bly.

Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans

Meer oor:  Capitec  |  Beleggings  |  Aandele  |  Tegniese Ontleding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.