Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Chirurg wat Madiba help se uitvinding op munt gevier
Die R2-kroon beeld die anatomie van die oog uit. Daar is ’n duidelike sirkel waar die tiekie-munt geplaas moet word.

Al ooit gewonder wat ’n retinale kriosonde is?

’n Kriosonde is ’n instrument wat soos ’n pen lyk en algemeen in kriochirurgie gebruik word.

Dit is ’n tegniek wat uiterste koue gebruik om abnormale of besmette weefsel te verwyder. Die retinale kriosonde straal pynstillende stikstofoksied uit teen onder vriespunttemperature van -80°C.

Dié instrument word gebruik om katarakte uit oë te verwyder.

As dit in ’n sny in die oog geplaas word, vries dit die katarak, wat dan moeiteloos verwyder word.

Die prosedure is slegs gerig op beskadigde weefsels sonder om enige aangrensende weefsel te beïnvloed.

Katarakchirurgie is een van die algemeenste prosedures wat wêreldwyd uitgevoer word en word beskou as een van die suksesvolste behandelings wat uitgevoer kan word. Die Suid-Afrikaanse Optometriese Vereniging (SAOV) sê katarakte is die grootste oorsaak van blindheid.

Wat dié instrument spesiaal maak, is dat dit in 1965 deur dr. Selig Percy Amoils, ’n oogarts en biomediese ingenieur in die Baragwanath-hospitaal in Soweto, suid van Johannesburg, ontwikkel is.

Amoils se bekendste pasiënt was wyle oudpres. Nelson Mandela. Dae nadat hy in 1994 as die land se eerste demokraties verkose president ingehuldig is, is ’n katarak uit sy linkeroog verwyder.

Dit is om dié rede dat die Suid-Afrikaanse Munt besluit het om die kriosonde op sy reeks munte uit te beeld om Suid-Afrikaanse uitvindings te vier.

Die 2½c-tiekie beeld ’n dokter se hand uit wat ’n kriosonde vashou.

Die nuwe silwer R2-kroon en 2½c-tiekiemunte wat pas bekend gestel is, beeld die anatomie van die oog op die kroon, en die kriosonde op die tiekie uit.

Wanneer die tiekie op die kroon geplaas word, lyk dit soos die hand van ’n dokter wat besig is om op die oog te opereer.

Dié silwer munte is versamelstukke. Net 1 000 van elk is gemunt wat individueel gekoop kan word. Daar is ’n verdere 700 van elk gemunt wat as stelle verkoop word.

Wanneer die stel gekoop word, word ’n miniatuurbeeldjie van die oog, wat ook van silwer gemaak is, by die pakket ingesluit.

Die nuwe stel munte is die derde in die reeks.

Uitvindings wat op ander munte uitgebeeld word, vier die eerste hartoorplanting asook die maanlanding.

Meer oor:  Nelson Mandela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.