Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Coronation se bates laagste in 6 jaar
Coronation
Coronation is 'n groot batebestuursfirma.

Die batebestuurder Coronation se bates onder bestuur het in ses maande met sowat R15 miljard gedaal.

Die maatskappy is genoteer en reik aan die einde van elke kwartaal van sy boekjaar ’n verklaring oor die bates onder bestuur uit.

In die jongste verklaring is gesê sy bates onder bestuur het aan die einde van sy boekjaar, einde September, R571 miljard beloop. Dit is die laagste bedrag onder bestuur aan die einde van ’n boekjaar sedert 2013 (Dit was wel einde Desember 2018 laer as dié vlak).

Aan die einde van sy halfjaar einde Maart het sy bates onder bestuur R586 miljard beloop, byna dieselfde as waarmee die boekjaar in 2018 afgesluit is.

Sy bates onder bestuur einde September 2017 het ’n hoogtepunt van R614 miljard bereik, maar is sedertdien op ’n afdraende pad.

Netwerk24 het vanjaar met die halfjaar berig Coronation se wins het die skerpste vir dié verslagtydperk sedert die internasionale finansiële krisis in 2008 gedaal.

Dit het gevolg nadat die swak ekonomiese toestande beleggers meer geld laat onttrek het as wat hulle gespaar het.

Terselfdertyd het die pensioenfondsbedryf steeds meer onttrekkings beleef as wat lede maandeliks bydra.

Coronation beleef al sedert 2015 ’n netto uitvloei van geld uit die fondse wat vir instellings bestuur word.

Meer oor:  Coronation  |  Geldsake  |  Batebestuursfirmas  |  Bates  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.