Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
‘Daar is steeds waarde in plaaslike aandele’

Die JSE se indeks van alle aandele is nie gelyk aan die Suid-Afrikaanse ekonomie nie.

Die JSE se gebou in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Ondanks die swak plaaslike ekonomie, het die JSE goeie opbrengste gelewer in 2017. Met ’n sterk fokus op internasionale winste, is die JSE in 2017 hoër gedryf deur wêreldmarkte, die swakker rand teen die einde van 2017, en Naspers.

Tot 70% van die inkomste wat deur die top-50 genoteerde aandele op die JSE verdien word, word buite Suid-Afrika verkry, dus behoort die JSE nie bloot as ’n weerspieëling van die plaaslike ekonomie bestempel te word nie, sê Ryan Jamieson, hoof van kleinhandel (noordelike provinsies en KwaZulu-Natal) van Fairtree Capital.

Hy is een van die batebestuurders wat eersdaags aan Volksblad, Jenwil BlouSter Finansiële Adviesdienste, Glacier van Sanlam en Radio Rosestad se Welvaartkongres in Bloemfontein deelneem.

Fairtree se Equity Prescient Fund fokus sedert sy instelling in 2011 op beleggings in die plaaslike aandelemark – ondanks ’n mandaat wat die fonds toelaat om in internasionale aandele te belê – en het deurlopend beter as die norm gepresteer.

Die span wat die portefeulje bestuur sal jou vertel daar is altyd iewers om te belê, sê Jamieson. Die fonds word aktief oor vier marksektore heen bestuur: hulpbronne, defensiewe aandele in die ontwikkelde mark, buitelandse verbruikersgroei en Suid-Afrikaanse aandele en is saamgestel om oor alle marksiklusse heen goeie opbrengste te kan lewer.

Maar watter voordele is daar om in plaaslike aandele te belê?

Daar is goeie geleenthede vir buitelandse blootstelling in verskeie JSE-genoteerde maatskappye van gehalte, sê Jamieson.

Hy noem voorbeelde soos Richemont in die segment vir luuksegoedere, Naspers, wat by e-handel, sosiale netwerke, speletjies en die groeiende Chinese verbruikersmark deur Tencent betrokke is, en Aspen, ’n internasionale farmaseutiese reus.

Daar is ook genoteerde maatskappye soos die internasionale voedselgroep Bidcorp, MTN, Hammerson, Capco en verskeie ander eiendomsmaatskappye wat blootstelling aan eiendom in Europa het.

“ ’n Buigsame, beweeglike aanslag deur portefeuljebestuurders wat in die plaaslike aandelebeurs belê, sal bedrywe of sektore kan identifiseer wat die beste geleenthede vir groei bied.”

Hy identifiseer drie faktore wat ’n ontleder in gedagte hou wanneer hy aandele se langtermynopbrengste bepaal, naamlik sy aanslag (waardeur bepaal word of die aandeel gekoop, verkoop of gehou word), die dividend wat uitgekeer word en die inkomstestroom.

“Die verdienste wat ’n aandeel op lang termyn bied, lewer verreweg die grootste bydrae tot opbrengs en daarom moet ’n portefeulje met ’n plaaslike fokus ’n deeglike begrip van plaaslike aandele se verdienste hê.”

Dit vereis dat die portefeuljebestuur ’n deeglike kennis het van die bestuurspanne en strategieë van plaaslike maatskappye waarin hy belê.

“Daar kan selfs aangevoer word dat dit moeilik is vir ’n fonds wat in Suid-Afrika gesetel is om dieselfde insig in die breër buitelandse aandelemarkte te hê.”

  • Op Dinsdag 25 September kom ’n span van die land se voorste fondsbestuurders Bloemfontein toe om lesers se vrae oor die geleenthede en slaggate van die huidige beleggingsklimaat te beantwoord. Dis vanjaar reeds die vyfde keer dat die Welvaartkongres ten bate van Volksblad se Ons-gee-om-fonds gehou word, en nou vir die eerste keer ook ten bate van Radio Rosestad se Gee-fonds. Die tema vanjaar is: Is onsekerheid die nuwe norm? Die gasspreker is die politieke ontleder Theo Venter van die Noordwes-Universiteit se sakeskool. Jenwil, Volksblad en Glacier van Sanlam se Welvaartkongres word by Summerwood gehou, om 17:00 vir 17:30. Verversings word bedien en ’n kontantkroeg is beskikbaar. Bywoning is gratis, maar dit is noodsaaklik dat plek vooraf bespreek word by office@jenwil.co.za of deur 051 447 0463 te skakel.
Meer oor:  Fairtree Capital  |  Ryan Jamieson  |  Jse  |  Beleggings  |  Welvaartkongres  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.