Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Theo Vorster: Die ‘vreugde’ van onsekerheid

Die begin van ’n jaar laat my altyd dink aan die inhoud van oorlede André P Brink se laaste toespraak. Soos ek dit verstaan, het dit gegaan oor die “vreugde van onsekerheid”. As jy ’n Suid-Afrikaner op die vooraand van die eerste jaar van die 2020’s is, hoe kan jy dan onsekerheid enigsins positief ervaar?

Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital.

Hier praat ek van daardie genot wanneer jy nie reeds die uitkoms van ’n goeie boek weet as jy op bladsy een wegspring nie, ’n oggend langs die veld by ’n skole-rugbywedstryd as die laaities die dou van die gras af speel of die opgewonde afwagting as jy op pad na ’n vakansie in die motor klim.

Dit is juis daardie vreugde van ’n graad-eentjie of ’n eerstejaarstudent en die onseker uitkoms waarna Brink verwys het – jy moet die onsekerheid ook kan geniet!

As dit by Suid-Afrika en al ons uitdagings kom, is dit moeilik om die onsekerhede en uitdagings met vertroue aan te pak, wat nog om vreugde uit hierdie onsekerheid te probeer put?

Die grafiese voorstelling wys van die gebeure wat ons weet in die eerste paar jaar van die nuwe dekade gaan uitspeel, maar ons weet nie wat die uitkoms gaan wees nie – van daar die “bekende onbekendes”. Behalwe hierdie “bekende onbekendes” is daar dan nog die “onbekende onbekendes” – daardie dinge wat ons nie weet wat gaan gebeur nie, wat nog praat van die uitkoms te probeer voorspel?

Hier is van die groot gebeure wat oor die volgende jaar of drie vir Suid-Afrika voorlê.Illustrasie: Galileo Capital

Om alles verder te kompliseer – gooi die groter brandpunte soos grondhervorming, weghol-staatskuld, staatskaping en korrupsie, werkloosheid en armoede, gebrek aan dienslewering en misdaad in die pot, dan lyk die prentjie nie te lekker nie.

In die jaar 6 000 voor Christus het die Chinese filosoof Lao Tzu gemeen “die ouens met kennis voorspel nie, en dié wat voorspel, het nie kennis nie”. Hierdie stelling is nou wel meer as 8 000 jaar oud, maar dit het wel die “tande van die tyd” oorleef, om ’n PG du Plessis-uitdrukking te gebruik!

In die wêreld van beleggings en finansiële markte is dit uiters riskant om enige besluit of langtermynstrategie te bou op die misplaaste uitgangspunt dat ons die uitkoms van die “bekende onbekendes”, wat nog die “onbekende onbekendes” of enige van die uitkomste van enige brandpunte, reg kan voorspel. Voorts wil mense dan op sterkte van die uitkoms mik om die impak van hierdie voorspelde uitkomste op beleggings en finansiële markte reg te probeer voorspel – ek kan dan nie eens akkuraat voorspel wat elke motorbestuurder in die volgende vyf minute in druk verkeer gaan aanvang nie!

Die vreugde in onsekerheid moet êrens anders gesoek word, nie in die sekerheid van my vermoë om die gedrag van motorbestuurders en ekonomiese uitkomste reg te voorspel nie. Uitkomste van gebeure raak baie minder relevant as ’n mens by die gesonde langtermynbeginsels bly en die regte dinge reg doen. Hier praat ek van doelwitgefokusde finansiële beplanning, ingeligte risikobestuur, diversifikasie, wat sowel plaaslike as internasionale blootstelling insluit, en dan natuurlik die dissipline om by rasionele planne te hou.

As hierdie beginsels in plek is, raak die impak van uitkomste, of dit nou bekend of onbekend is, minder dramaties en is finansiële gemoedsrus haalbaar, selfs in onseker tye.

My ervaring is dat as jy eerstens die vlak en samestelling van jou buitelandse beleggings in plek het, jou grootste bates verseker het en dan seker gemaak het jou testament is bygewerk, is die meeste mense alreeds beduidend gemakliker met onsekerhede.

My wens – maak 2020 jou beste jaar nog!

  • Theo Vorster is die uitvoerende hoof van Galileo Capital. Hy bied van 13 tot 16 Januarie ’n reeks programme, “Sakegesprek met Theo Vorster”, op kykNET aan waarin hy en sy gaste 2020 onder die vergrootglas plaas – hulle gaan spesifiek stilstaan by die politiek en ekonomiese veranderlikes en hoe die jaar kan uitspeel.
Meer oor:  Galileo Capital  |  Theo Vorster  |  Beleggings  |  Muntslim
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.