Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Digitale geld volg in dotcom-borrel se spore

Kripto-entoesiaste, trek solank die sneesdoekies nader: Die groot val in die waarde van kriptogeld vanjaar is haal die rekordboeke.

Volgens CoinMarketCap het die waarde van alle kriptogeldeenhede saam tot $187 miljard gedaal, die laagste vlak in tien maande.

Alle digitale geldeenhede het Woensdag tot ’n nuwe laagtepunt vir die jaar gedaal met sommige wat tot 80% van hul waarde sedert Januarie verloor het.

Soortgelyk aan toe die sogenaamde dotcom-borrel in 2000 gebars het, moet mense wat baie geld in kriptogeldeenhede belê het, nou ook die pynlike werklikheid in die gesig staar.

“Dit wys net wat ’n massiewe spekulerende borrel hierdie hele kripto-ding was, soos baie van ons destyds gewaarsku het,” sê Neil Wilson, markontleder by Markets.com in Londen, ’n valutaverhandelingsplatform. “Dit is heel waarskynlik ’n mark waar net een wenner kan seëvier, en dit is tans bitcoin.”

Ether, die tweede grootste digitale geldeenheid, het Woensdag die grootste daling beleef toe sy waarde met 6% tot $171,15 geval het. Dit het intussen weer effens tot $173,85 herstel, maar het steeds byna 40% van sy waarde sedert die begin van die maand verloor.

Volgens CoinMarketCap het die waarde van alle kriptogeldeenhede saam tot $187 miljard gedaal, die laagste vlak in tien maande.

Die manie wat nog ’n jaar gelede oor digitale geldeenhede geheers het, het grootliks in die niet in verdwyn, meen kenners. Die hoop dat bitcoin, ook gedoop “digitale goud”, die wêreld van finansies op sy kop gaan keer, is sedertdien omskep in kommer oor beduidende sekuriteitsfoute, markmanipulasie, strenger regulering en Wall Street wat nie belang stel nie.

Hardebaarde wat steeds in die toekoms van kriptogeld glo, wys daarop dat die aandelemark 15 jaar nadat die dotcom-borrel gebars het nuwe hoogtepunte bereik het en dat die internet – en internetmaatskappye – vandag ’n massiewe inpak op mense se lewe het.

Hulle wys ook daarop dat Bitcoin al van groter dalings teruggebons het.

Die enigste ligpunt vir digitale geldeenhede se swak vertoning is dat dit waarskynlik nie ’n wesenlike impak sal hê op die wêreldekonomie nie.

“Tot jy nie jou belasting in digitale geld kan betaal nie, is dit sinneloos om daarin te belê,” sê Wilson. “Party mense sal baie geld maak, maar die meeste sal nie.” – Bloomberg

Meer oor:  Kriptogeld  |  Ether  |  Beleggings  |  Bitcoin  |  Dotcom  |  Borrels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.