Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Effekte is die beste bateklas in Julie

Die terugkeer van buitelandse beleggers na Suid-Afrikaanse effekte het in Julie gehelp om dié bateklas die beste presteerder onder die vier groot plaaslike bateklasse te maak.

Die opbrengs op effekte (skuldbriewe) is vir die vierde keer vanjaar die hoogste van al vier groot Suid-Afrikaanse bateklasse.

Die maandopbrengs op effekte, soos gemeet aan die indeks van alle effekte, was 2,44%, ’n baie stewige maandopbrengs.

Die jaaropbrengs op effekte is ook die hoogste van die plaaslike bateklasse, op 11,18%.

Dis die vierde maand waarin effekte die beste presteerder van die maand is, en ook die vierde maand waarin dit die beste opbrengs oor 12 maande oplewer. Aandele het in die sewe maande al drie keer die beste jaaropbrengs opgelewer.

Maandopbrengs is ’n maatstaf vir spekulante en jaaropbrengs vir mediumtermynbeleggers. Langtermynbeleggers – soos mense wat vir aftrede, hul kinders se klasgeld of ’n deposito op ’n eiendom spaar – moet beleggingsbesluite neem op grond van opbrengs oor ’n langer periode, van tot sewe jaar.

Volgens RMB het buitelanders in Mei en Junie R63,9 miljard se plaaslike effekte verkoop, maar in Julie R4,5 miljard belê. Die syfers weerspieël die netto in- of uitvloei.

Die netto invloei in Julie het die langste uitvloei wat nóg gemeet is – van 11 weke – beëindig.

Op ’n maandgrondslag was kontant in Julie die naasbeste presteerder, met ’n opbrengs van 0,61% net vir die maand. Dis gemeet aan die SteFi, ’n geldmarkindeks.

Sowel plaaslike aandele, soos gemeet aan die JSE se indeks van alle aandele, as plaaslik genoteerde eiendom, soos gemeet aan die Sapy-indeks, het in Julie ’n negatiewe maandopbrengs opgelewer, onderskeidelik -0,25% en -0,5%.

Oor 12 maande gemeet, het drie van die vier bateklasse inflasie geklop: effekte (11,18%), kontant (7,32%) en aandele (7,2%). Inflasie was in Junie, die nuutste beskikbare syfers, 4,6%.

Die jaaropbrengs op genoteerde eiendom is die sesde maand agtereenvolgens negatief, maar dis nou die swakste tot nog toe vanjaar op -13,59%.

Genoteerde eiendom – wat op lang termyn (tydperke van 15 jaar en langer) die beste plaaslike bateklas is – trek swaar in die swak plaaslike ekonomie, wat die huurinkomste van handelseiendom onderdruk.

Mvula Seroto, beleggingsontleder van die eiendomsfondsbestuurder Catalyst, sê hulle is nou al geruime tyd “nogal negatief” oor die fundamentele faktore wat eiendomsprestasie beïnvloed.

Die aandeel- of eenheidsprys van genoteerde eiendomsmaatskappye is ook onder druk weens wantroue wat geskep is oor die waardasie van Resilient en maatskappye met kruisaandeelhouding, insluitend Fortress, Greenbay en Nepi Rockcastle.

Resilient is besig met herstrukturering, waaroor meer besonderhede verwag word wanneer die maatskappy later in Augustus sy jaarsyfers aankondig.

Die reus van Suid-Afrikaanse eiendom, Growthpoint, reik ook in Augustus sy jaarsyfers uit.

Maandopbrengs

  • Effekte 2,44%
  • Kontant 0,61%
  • Aandele -0,25%
  • Genoteerde eiendom -0,5%

Jaaropbrengs

  • Effekte 11,18%
  • Kontant 7,32%
  • Aandele 7,2%
  • Genoteerde eiendom -13,59%
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1048,32 (-878)
  • Top 40 50397,19 (12519)
  • All Share 56546,8 (10123)
  • Resource 10 43602,83 (-2210)
  • Financial and Industrial 30 75238,63 (30649)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.