Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Effekte bly beste bateklas in Maart

Die slagting onder genoteerde eiendomsmaatskappye op die JSE het in Maart voortgeduur, maar dit het steeds nie die swakste van die vier groot bateklasse in die maand presteer nie.

Dié twyfelagtige eer behoort aan Suid-Afrikaanse aandele in die breë gesien. Die JSE se indeks van alle aandele het ’n maandopbrengs van -4,18% gelewer, selfs wanneer dividende ingesluit word.

Vir die hele eerste kwartaal was AngloGold Ashanti, MTN, Naspers, Capitec en British American Tobacco onder die beurs se grootste verloorders.

Lees ook: Só vaar aandele op JSE in die 1ste kwartaal

Die swak Maart het aandele se jaaropbrengs byna laat halveer tot 9,6% (vergeleke met 17,44% in Februarie). Dit het ’n einde gebring aan aandele se lopie van ses maande waarin dit die bateklas was met die hoogste jaaropbrengs.

Die beste bateklas vir Maart was vir die vierde opeenvolgende maand effekte, wat ’n opbrengs van 2,02% net in dié maand opgelewer het. Dis gemeet aan die indeks van alle effekte.

Effekte was ook die beste bateklas oor 12 maande gemeet, met ’n opbrengs van 16,18%.

Genoteerde eiendom, met -7,09%, was die enigste van die vier groot bateklasse wat ’n negatiewe jaaropbrengs gelewer het.

Al drie die ander klop wel inflasie, wat in Februarie 4% was (die jongste beskikbare syfer).

Genoteerde eiendom, soos gemeet aan die Suid-Afrikaanse eiendomsindeks (Sapy), is afgetrek deur die skerp val in die aandeelprys van Resilient nadat ’n vertroulike verslag uitgelek is wat daarop sinspeel dat die maatskappy sy aandeelprys kunsmatig opgestoot het.

Resilient se kruisaandeelhouding met Fortress, Nepi Rockcastle en Greenbay, wat al drie ook op die JSE genoteer is, is onder skoot en Resilient het einde verlede week aangekondig hy raak ontslae van sy belang in Fortress.

Mvula Seroto, ontleder van die eiendomsfondsbestuurder Catalyst, sê hulle sien steeds waarde in die eiendomsektor wat voordeel kan trek uit die verlaging in die rentekoers. Die Reserwebank het die rentekoers op 28 Maart met 0,25 van ’n persentasiepunt verlaag.

Die opbrengs op kontant was konstant (0,56% op ’n maandgrondslag en 7,41% op ’n jaargrondslag), maar sal in April laer wees vanweë die verlaging in die rentekoers. Die opbrengs op kontant word gemeet aan die STeFi, ’n geldmarkindeks.

Maandopbrengs

  • Effekte 2,02%
  • Kontant 0,56%
  • Genoteerde eiendom -0,96%
  • Aandele -4,18%

Jaaropbrengs

  • Effekte 16,18%
  • Aandele 9,6%
  • Kontant 7,41%
  • Genoteerde eiendom -7,09%
Meer oor:  Resilient  |  Genoteerde Eiendom  |  Bateklasse  |  Effekte  |  Aandele  |  Rentekoers  |  Kontant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.