Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Facebook se ‘bitcoin’ ’n ‘puik idee’, meen Luno
luno
Luno is Suid-Afrika se grootste verhandelingsplatform vir digitale geld.

Luno meen dit is ’n puik idee dat groot internasionale firmas soos Facebook en Uber begin om in digitale geldeenhede te belê.

Die sosialemediareus het Dinsdag sy antwoord op bitcoin en ander kriptogeld bekend gestel. Facebook beoog dat sy digitale geldeenheid, die libra, uiteindelik ’n stabiele, wêreldwye geldeenheid kan word wat orals gebruik kan word om aankope te doen.

Lees ook: Hiér is Facebook se antwoord op bitcoin

Volgens Marius Reitz, hoof van Luno in Afrika, is dié aankondiging veral goeie nuus vir ontluikende markte wat waarskynlik gretig sal wees om ’n geldeenheid soos die libra te gebruik.

Anders as byvoorbeeld bitcoin, gaan libra ’n stabiele munt wees waarvan die waarde teen ’n mandjies bates en ander geldeenhede vasgepen sal word.

Daarom hoop die skeppers daarvan dat dit werklik as ’n alledaagse geldeenheid sal kan optree omdat sy waarde nie so onstuimig sal wees nie.

Die waarde in libra van ’n mandjie inkopies sal derhalwe môre steeds dieselfde wees as vandag, iets wat bitcoin weens sy wisselvallige waarde nie toelaat nie.

Maar is ’n enkele wêreldwye geldeenheid enigsins ’n goeie idee?

Definitief, meen Reitz.

“Geld is beslis nie meer net iets wat lekker is om te besit nie, maar noodsaaklik vir ons toekoms.

“Daarom bestee mense ál meer tyd om dit te verstaan, te bestuur en te bespaar ten einde die maksimum waarde daaruit te put.”

Digitale geld skep ’n goedkoper manier om hierdie waarde van geld vir goedere en dienste te verruil, minstens vergeleke met bestaande bankstelsels, sê Reitz.

Nes bitcoin gaan die libra deur middel van ’n blokketting of gedesentraliseerde grootboek bedryf word.

Dit beteken geen finansiële instelling, waaronder ’n sentrale of handelsbank, gaan by die bestuur daarvan betrokke wees nie, wat bykomende bankkoste uitsny.

Facebook het reeds ’n afsonderlike filiaal, Calibra, gestig om finansiële dienste binne sy bestaande produkte, waaronder WhatsApp en Messenger, te bied.

Die maatskappy hoop om teen aanstaande jaar betalings binne hierdie platforms met libra moontlik te maak sodat gebruikers daarmee vir goedere en dienste kan betaal.

WhatsApp of Messenger sal byvoorbeeld ook gebruik kan word om geld uit die buiteland te ontvang, wat goeie nuus is vir emigrante wat leef van die geld wat hulle uit hul vaderland ontvang.

Die koste van hierdie tipe transaksies gaan beduidend laer wees as die bedrag wat tans aan banke en ander middelmanne betaal moet word.

Daarom is die kans uitstekend dat ontluikende markte veral in Afrika spoedig ’n wêreldwye betaalmetode soos die libra sal aanneem, meen Reitz.

Meer digitale geldeenhede op Luno

Intussen het Marcus Swanepoel, uitvoerende hoof van Luno, bekend gemaak dié Suid-Afrikaanse verhandelingsplatform gaan binnekort in meer digitale geldeenhede begin sake doen.

Tot dusver het Luno net verhandeling in bitcoin en ethereum ondersteun.

Volgens Swanepoel gaan die platform nog digitale geldeenhede in die komende maande byvoeg, maar hy versuim om te sê watter munte.

“Dit beteken nie ons gaan sommer enige digitale geldeenheid byvoeg nie,” waarsku hy.

“Ons gaan steeds versigtig wees oor watter eenhede ons byvoeg en kyk tans na ’n wye reeks bates, insluitend ander gewilde kripto-eenhede, private munte en ander soorte stabiele digitale munte.”

Volgens Swanepoel is daar tans ’n kortlys van digitale munte wat reeds geoormerk is om by die verhandelingsplatform gevoeg te word, maar die maatskappy gaan eers later aankondig watter geldeenhede gekies is.

Meer oor:  Luno  |  Beleggings  |  Bitcoin  |  Libra  |  Digitale Geld  |  Kriptogeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.