Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Ferrari of aandele?
Die 1962 Ferrari 250 GTO.

’n Klassieke Ferrari is ’n dag nadat Amerikaanse beurse nóg ’n rekord verbeter het, teen die hoogste prys op ’n veiling verkoop.

Die 1962 Ferrari 250 GTO is Saterdag vir $48,4 miljoen (sowat R690,18 miljoen teen die huidige wisselkoers) deur die afslaer Sotheby’s op ’n veiling in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië vir dié enorme bedrag verkoop.

Die motor het voorheen aan dr. Greg Whitten, voorsitter van Numerix Software, behoort. Whitten het ook in die begin jare vir Microsoft gewerk.

Whitten het die motor in 2000 gekoop.

Sotheby’s wil nie sê hoeveel hy tóé daarvoor betaal het nie, maar die gemiddelde markprys was destyds glo sowat $10 miljoen.

Hoewel die rekordhoogtes wat Amerikaanse beurse Vrydag bereik het aandag getrek het, lyk dit asof dit ’n beter belegging is om ’n Italiaanse sportmotor te koop as om in aandele te belê.

Hagerty’s se indeks van die prys van klassieke motors wys die prys van ’n Ferrari het die afgelope dekade verdriedubbel.

Dit is beduidend meer as die 158%-sprong van die Amerikaanse aandele-bulmark.

Lees ook: $48,4 miljoen vir 'n Ferrari

Kuns blyk ook ’n goeie belegging te wees.

’n Skildery deur die meester Leonardo da Vinci genaamd die “Salvator Mundi” is in November 2017 vir ’n enorme $450 miljoen (sowat R6,4 miljard teen die huidige wisselkoers) verkoop.

Dit is die duurste skildery wat nog verkoop is.

Dit wys kenners wat markte dophou moet dalk bekommerd raak, sê Shane Oliver, ’n beleggingstrateeg by MP Capital Investors in Sydney.

“Weelde is duidelik terug,” sê hy.

“Die feit dat mense rekord bedrae vir Ferrari’s en skilderye betaal en dat aandeelmarkte op rekordhoogtes is, laat my bietjie meer versigtig wees.”

Selfs al sou die dividende wat ’n belegger vir sy aandele verdien het herbelê wees, word dit steeds deur ’n belegging in ’n Ferrari uitgestof.

Winste op die ikoniese motor het egter die afgelope drie jaar baie dieselfde gebly terwyl Amerikaanse aandele beter presteer het.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Ferrari  |  Leonardo Da Vinci  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.