Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
FSCA gaan OB-verslag oor grootbaas betwis

Die Gedragsowerheid vir die Finansiëledienstesektor (FSCA) sê hy gaan die openbare beskermer (OB) se verslag oor sy voorganger, die Raad op Finansiële Dienste (RFD), se oudhoof, adv. Dube Tshidi, betwis.

The Minister of Finance Pravin Gordhan has re-appo
Adv. Dube Tshidi wat vir lank die hoof van die FSCA se voorganger die RFD was. Foto: Verskaf

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, het in die verslag wat einde Maart uitgereik is ’n aantal negatiewe bevindinge teen Tshidi gemaak.

Hy was voorheen die uitvoerende beampte van die RFD wat verlede jaar deur die FSCA vervang is. Hy is nou deel van die bestuurskomitee van die FSCA in die oorgangstyd totdat ’n kommissaris aangestel word.

Die OB het verlede Donderdag die bevindinge in die verslag op ’n mediakonferensie bekend gemaak.

’n Besluit van die OB kan net intern hersien word as sy nog nie ’n finale verslag uitgereik het ingevolge art. 182 van die Grondwet en art. 8 van die Wet op die Openbare Beskermer nie. Die verslag wat sy uitgereik het, is ’n finale verslag, wat beteken die FSCA sal die verslag deur ’n hof moet laat hersien.

Fin24 het vroeër berig dit handel oor ’n klag wat deur Julius Malema, EFF-leier, teen Tshidi by haar ingedien is. Dit het ingesluit dat Tshidi die kurator Anthony Mostert op onbehoorlike wyse aangestel het. Malema se klag is in April 2017 tot die OB gerig.

Die FSCA het in ’n verklaring gesê Tshidi het tydens die ondersoek omvattende voorleggings gemaak waarop die OB nie gereageer het nie.

“Die FSCA vind die verslag is deurspek van foute wat aandui dat die OB nie die voorleggings in ag geneem het nie.”

Fin24 het berig Mkhwebane het gesê Malema se aantygings dat daar onbehoorlike optrede met die aanstelling van die kurator was, is grondig.

Die OB het die FSCA 30 dae gegee om teen Tshidi en Mostert op te tree.

Lees die verslag van die OB oor Tshidi hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.