Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
FSCA waarsku teen dié ‘profeet’

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het in ’n ongewone stap ’n waarskuwing teen ’n persoon wat as ’n “profeet” bekend staan, uitgereik.

Die advertensie van Money Moves Forex Trading op Facebook.

In ’n verklaring is die publiek gewaarsku teen Money Moves Forex Trading en “profeet” Moral Monareng.

Die FSCA het die publiek gewaarsku om nie enige geldsake met Money Moves Forex Trading en Monareng te doen nie.

Nie een van hulle is gemagtigde finansiëlediensteverskaffers ingevolge die Wet op Finansiële Advies en Tussengangerdienste nie.

“Dit is onder die FSCA se aandag gebring dat Money Moves Forex Trading en/of profeet Moral Monareng op sosialemediaplatforms voorgee dat hulle gemagtigde finansiële diensteverskaffers is.”

Money Moves Forex Trading en die “profeet” gebruik blykbaar die FSP-nommer 48809.

Dié nommer behoort aan die geregistreerde finansiëlediensteverskaffer Lebone Risk Solutions.

Hulle gee voor om geaffilieer te wees aan Lebone, maar dit is nie die geval nie, volgens die FSCA.

Die Facebook-blad van Money Moves Forex van Maart verlede jaar toon hierdie foto van die “profeet” wat oënskynlik op televisie verskyn het. Foto: Facebook

Die FSCA se inligting toon Money Moves Forex Trading is nie ’n gemagtigde diensverskaffer nie en “profeet” Monareng is nie ’n verteenwoordiger nie. “Dus mag nie een van hulle finansiële dienste lewer ingevolge die Fais-wet nie.”

Monareng se Facebookblad toon hy is oorspronklik van Nelspruit in Mpumalanga. Hy werk vir Money Moves Forex Trading en woon nou in Pretoria.

Money Moves Forex toon foto’s van wat blyk Monareng te wees by blink motors.

Indien ’n Facebook Messenger-boodskap aan Money Moves gestuur word, toon dit die FSP-nommer hierbo genoem.

As ’n boodskap vir Money Moves op Facebook Messenger gestuur word, toon dit die FSP-nommer waarteen die FSCA waarsku. Foto: Skermgreep

Die telefoonnommer 012 433 6471 wat op Facebook gewys word, is geskakel vir kommentaar, maar ’n boodskap is gekry dat die persoon by die uitbreiding nie beskikbaar is nie en dat die boodskapmasjien vol is.

Die selfoonnommer wat op ’n advertensie aangedui word, gee ’n boodskap wat sê: “God seën jou, dit is profeet Monareng van Money Moves Forex Trading, stuur ’n WhatsApp en ons sal terugkom na jou toe.”

Hy én Money Moves is ook op Facebook gekontak en as hul reageer sal die berig met hul kommentaar aangepas word.

Dit lyk asof Monareng van ’n kerk is wat Divine Life of Worship in Christ genoem word.

Geen kommentaar

’n Ene JayCeah Thebe het op Facebook Messenger geantwoord dat “die profeet Moral Monareng nie beskikbaar is vir kommentaar nie”.

“Maar laat ek jou kortliks vertel wat gebeur het. MMFT en Lebone Risk Solutions het ’n kontrak vir ’n vennootskap. Die probleem het begin toe MMFT se rekening vir die tweede keer in Januarie gevries is. Sy kliënte kon nie betaal word nie omdat die rekeninge gevries is en gevolglik het hulle begin kla. Lebone Risk Solutions het toe besluit om hulle van MMFT te distansieer in die vrees dat hulle hul lisensie gaan verloor.”

Volgens Thebe het MMFT sy deure gesluit toe hy daarvan bewus gemaak is dat Lebone Risk Solutions nie meer in ’n vennootskap met hulle wil wees nie.

“Ons neem nie Lebone Risk Solutions kwalik dat hulle hulself gedistansieer het nie, maar die ooreenkoms is nooit amptelik beëindig nie.”

Hy voeg by: “Ek hoop profeet Moral Monareng sal jou bel om kommentaar te lewer.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1398,36 (3102)
  • Top 40 49193,89 (-29239)
  • All Share 55231,05 (-29290)
  • Resource 10 42928,67 (-105989)
  • Financial and Industrial 30 74191,21 (7305)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.