Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
FSCA waarsku teen Total Capital Trading
aandele
Total Capital Trading is nie gemagtig om finansiëlediensteprodukte te verkoop of advies daaroor te gee nie. Foto: Pixabay

Total Capital Trading is nie gemagtig om finansiëlediensteprodukte te verkoop of advies daaroor te gee nie, waarsku die Gedragsowerheid vir die Finansiëledienstesektor (FSCA).

Dit het onder die FSCA se aandag gekom dat Total Capital Trading adviesdienste lewer en dat hy beweer daar is bande tussen hom en Zwelonke Holdings, wat wel ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer is.

Clifton Mario Heradien van Zwelonke ontken egter enige bande met Total Capital Trading.

Daar is baie voorbeelde van maatskappye wat onwettig finansiële dienste lewer deur aan te voer hulle is ’n verteenwoordiger van ’n gemagtigde maatskappy.

’n Persoon wat finansiële dienste lewer sonder ’n lisensie of wat nie as ’n verteenwoordiger van ’n gemagtigde diensverskaffer aangestel is nie, oortree die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste. Dit kan die oortreder ’n boete van R10 miljoen of tronkstraf van tot tien jaar op die hals haal.

Verbruikers wat wil seker maak dat iemand gemagtig is, kan die FSCA se tolvrye nommer skakel by 0800 20 3722 of gaan na die webtuiste www.fsca.co.za.

Meer oor:  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1337,72 (-828)
  • Top 40 50081,17 (-27911)
  • All Share 56183,21 (-35451)
  • Resource 10 44237,36 (24326)
  • Financial and Industrial 30 75163,15 (-70604)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.