Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Genade! Wat gaan aan met bitcoin se prys?
Die prys van bitcoin is baie wisselvallig. Foto: Unsplash

Die prys van een bitcoin was die laaste paar dae buitengewoon wispelturig.

Teen laat Dinsdagmiddag het die prys met 15% teen die Amerikaanse dollar tot die laagste vlak in byna vier maande gedaal.

Ontleders skryf die skerp daling toe aan beleggers se halfhartige reaksie op die bekendstelling van nuwe funksies binne die bekende verhandelingsplatform Bakkt.

Bakkt is ’n internasionale verhandelingsplatform waarop individue en ondernemings digitale bates kan stoor.

Die platform het Maandag nuwe maniere om bitcoin te stoor bekend gestel, maar die geemenskap het die veranderinge louwarm ontvang.

Bakkt is geaffilieer met Intercontinental Exchange, ’n maatskappy wat deur die New Yorkse aandelebeurs besit word.

Die bitcoinprys het Dinsdag in ’n stadium teen onder $8 000 verhandel; die laagste vlak sedert Junie.

Die prys het die laaste paar maande aangehou daal en dit het reeds sedert begin Augustus met 35% teruggesak.

Sommige meen die rede hiervoor is tegnies van aard, gegewe dat bitcoinverhandeling op digitale platforms plaasvind.

Die prys van ethereum en litecoin, ook gewilde digitale geldeenhede, het vandeesweek ook met onderskeidelik 25% en 21% gedaal.

Bitcoin het vroeg Woensdagmiddag teen net minder as $8 300 verhandel, 3,75% meer as die laagste vlak Dinsdag.

Op die plaaslike verhandelingsplatform Luno verhandel bitcoin ook teen die laagste vlak in meer as ’n maand.

Een bitcoin kos tans R133 456, bykans 19% laer as ’n maand gelede.

Meer oor:  Luno  |  Bitcoin  |  Tegnologie  |  Digitale Geld  |  Kriptogeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.