Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Het jy meer as R4 m. vir Kurt Cobain se vuil trui?

Die olyfgroen trui wat die ontslape grunge-sanger Kurt Cobain in November 1993 vir die ikoniese MTV Unplugged-sessie in New York gedra het, maak later in Oktober ’n draai op die veilingvloer.

Die grunge-sanger Kurt Cobain in sy olyfgroen trui, wat die afgelope 26 jaar nog nooit gewas is nie. Dit gaan vir tot $300 000 op ’n veiling verkoop. Foto: Getty Images

Die trui, ’n mengsel van sybokhaar en akriel, is nog nooit gewas sedert die hoofsanger van Nirvana dit 26 jaar gelede aangehad het nie. Dit is vol vlekke, wat al daar was toe hy dit gedra het en daar is selfs ’n brandmerk van ’n sigaret.

Julien’s Auctions, wat die veiling gaan behartig, verwag dat dit vir tot $300 000 (sowat R4,54 miljoen) kan verkoop.

Darren Julien, president en uitvoerende hoof van die veilingshuis, het aan Rapport gesê dis belangrik dat dié tipe items nooit gewas word nie omdat aanhangers, versamelaars en mu­seums dit wil hê presies soos dit gelyk het toe die beroemde persoon dit gedra het. “As die vlekke uitgewas sou word, sal die trui heelwat minder werd wees en sou dit ook nie so maklik as Cobain se trui geïdentifiseer kon word nie,” sê hy.

Die trui is een van 700 lotte van memorabilia van invloedryke musieklegendes, onder wie The Beatles, Queen, Bob Dylan, Jimi Hendrix, Eric Clapton en Bruce Springsteen, wat op die veiling op 25 en 26 Oktober in New York gaan pryk.

Cobain se Fender Mustang-kitaar.

Ander items wat gewild gaan wees, is Cobain se Fender Mustang-kitaar, wat in 1993 spesiaal vir hom gemaak is. Dit het ’n voorveilingsberaming van tot $500 000. Nog ’n legendariese Fender-kitaar wat te koop is, is die 1968-Fender Telecaster wat aan die koning van rock ’n roll, Elvis Presley, behoort het. Madonna se Breedlove- akoestiese kitaar word ook opgeveil.

Michael Jackson se regterhandskoen wat hy vir die Triumph-toer in 1981 gedra het, gaan na verwagting tot $200 000 haal.

Julien sê die veiling bied ’n skouspelagtige versameling musiekinstrumente, kostuums en dokumente.

Meer oor:  Kurt Cobain  |  Veiling  |  Eiendomme  |  Bekendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.