Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Hou gebeure in oliemark dop

Standard Bank se Oil-Linker-beursverhandelde nota (ETN) gee beleggers blootstelling aan die olieprys op ’n kostedoeltreffende manier.

Die oliereus Shell se raffinadery en petrochemiese aanleg in Singapoer. Foto: Reuters

Die ETN dra nie die koste verbonde aan die besit van, stoor en versekering van fisieke olie nie. Hou in gedagte dat talle olieproduserende lande teen die huidige prysvlakke olie nie winsgewend kan produseer nie. Die goedkoopste produsent is Rusland op $42/vat en die duurste produsent is Bahrein op $88/vat.

Indien die prys dus op huidige vlakke konsolideer, sal die een land ná die ander teen ’n massiewe verlies olie na die mark bring, en oor tyd sal produsente ophou lewer en outomaties ’n tekort veroorsaak.

Die Williams-persentasiereeks-aanwyser beklemtoon die oorverkoopte situasie van die ETN. ’n Moontlike dubbellaagte (moontlik positief) op die aanwyser en prys impliseer ’n moontlike ommekeer, maar ons weet dat die momentum na bo eers sal eskaleer wanneer die -50-vlak in ’n steun verander.

Die dooie kruis van die 10- en 20-dae- bewegende gemiddelde bevestig dat die momentum na onder steeds geld.

saboil

Die eerste teken van positiwiteit sal sigbaar wees wanneer lyn A (R9,10) in steun verander. Die volgende sterk weerstand om te oorkom, wag by lyn B (R10,20).

  • Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo lyn A (R9,10), maar gebruik R7,50 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R9,80, R10,20, R10,60, R11,05, R11,60 en R12,30.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Hou in gedagte as jy ’n belastingvrye spaarrekening het, kan die ETN’e en ETF’s (beursverhandelde fondse) op lang termyn ’n wonderlike belegging wees. Die prysoorlog in die Organisasie van Petroleum-uitvoerlande (Opul) kan op langer termyn voortduur wat hierdie ETN na R3 kan neem, maar hou dit dop vir die lang termyn. Gebruik egter R5,60 as keerverlies om kapitaal te beskerm.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Olieprys  |  Tegniese Ontleding  |  Beleggings  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.