Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Implats lyk oorgekoop

Impala Platinum (Implats) is een van die wêreld se grootste produsente van die platinumgroepmetale.

Hy het verlede week aangekondig dat hy ’n Kanadese paladiummyn vir sowat R11,5 miljard gaan koop.

implats

Die stogastiese aanwyser dui aan dat die aandeel oorgekoop is, wat ’n moontlike daling meer waarskynlik maak. ’n Oorgekoopte situasie ontstaan as die aandeel te vinnig en te ver gestyg het.

Die aandeel is vasgevang in ’n klein konsolidasieband tussen lyn A (R99,83) en lyn B (R105,96).

Die moontlike haarnaaldboog-hoogte (’n waarskuwingsformasie) sal van die tafel gevee wees wanneer die aandeel bo lyn B begin konsolideer (R105,96).

Die eerste teken van swakheid sal onder lyn A (R99,88) sigbaar wees.

Let op hoe naby lyn A aan die nege-dae- bewegende gemiddelde is. Dit bevestig die belangrikheid van hierdie ondersteuningsvlakke.

Die 26- en nege-dae- bewegende gemiddeldes wys steeds opwaarts, wat impliseer dat die sentiment jeens die aandeel oor medium- tot lang termyn steeds positief is.

  • Spekulante: Verkoop of oorweeg ’n kortposisie onder lyn A (R99,83) maar gebruik lyn B (R105,96) as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na onder is: R97,97; R96,29; R95,11; R93,94; R92,50; en R90,10.
  • Medium- tot langtermynbeleggers: Die aandeel verhandel ver van sy 40-weke- bewegende gemiddelde (R66,46) en eers onder hierdie vlak sal die langtermynsentiment jeens die aandeel verander na negatief.
  • Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders. Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar. Kontak hulle by www.fransdeklerk.com of www.chris-tell.com. Twitternaam: TraderFrans
Meer oor:  Implats  |  Tegniese Ontleding  |  Myne  |  Mynboubedryf  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.