Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Inflasie móét oorweeg word in jou beleggings

Talle beleggers besef nie wat die uitwerking van inflasie op hul beleggings is en hoe vernietigend dit oor tyd is nie.

Inflasie vreet weg aan dit wat jy het om te bestee.

Teen ’n inflasiekoers van 6% sal R10 000 oor 20 jaar net R3 118 werd wees.

Daarom moet daar op lang termyn na beleggingsopbrengste in reële waarde gekyk word, waar die uitwerking van inflasie uitgelaat word.

James Easterbrook, ontleder en hoof van verspreiding by Bateleur Capital, sê inflasie is ’n kritieke faktor wat oorweeg moet word.

Hy is een van die deelnemers aan Volksblad, Jenwil BlouSter Finansiële Adviesdienste, Glacier van Sanlam en Radio Rosestad se Welvaartkongres in Bloemfontein.

“Om reële groei in jou bates te verkry, moet jou opbrengs hoër as inflasie wees. Dit is waarom ’n fonds soos die Bateleur Flexible Fund byvoorbeeld ’n doelwit van die verbruikersprysinflasiekoers (VPI) plus 4% gestel het.”

James Easterbrook van Bateleur Capital.

Kyk ’n mens na die prestasie van die verskillende bateklasse op lang termyn, word dit duidelik dat selfs iemand wat ’n laerisikobelegging vir aftrede wil doen (en met risiko word dikwels bloot korttermynwisselvalligheid bedoel), ’n gedeelte van sy portefeulje in aandele moet belê.

Die geskiedenis het bewys dat aandele op lang termyn die bateklas is wat die beste presteer, sê Easterbrook.

“Tussen 1900 en 2017 het die MSCI-wêreldindeks ’n opbrengs van 5,2% (gemeet in dollarterme) gehad nadat die uitwerking van inflasie verreken is, terwyl Suid-Afrikaanse aandele sedert 1995 ’n reële opbrengs van 8,1% gelewer het.”

Maar ’n belegger moet steeds in gedagte hou dat aandele die hoogste risiko van alle bateklasse inhou. As ’n mens te veel blootstelling het in tye wanneer die risiko’s hoër is, kan dit ook jou opbrengste op lang termyn skade aandoen, maan Easterbrook.

Hy beveel aan dat ’n mens ’n opsie oorweeg wat op mediumtermyn steeds inflasie klop, maar die behoud van kapitaal as ’n beleggingsdoelwit stel.

“Die rede waarom ons van die struktuur van Bateleur se buigsame fonds hou, is dat dit ons die gereedskap gee om risiko en geleenthede te bestuur.”

In die praktyk beteken dit dat blootstelling aan aandele verhoog kan word wanneer die geleenthede opduik, terwyl die risiko bestuur word deur die fonds se kontantbeleggings te verhoog wanneer daar kommer oor aandele se waarde ontstaan.

“Daarby kan ons tot 30% van die fonds in buitelandse bates belê, wat ons geleenthede aansienlik uitbrei en risiko wat eie aan Suid-Afrika is, help bestry.”

Markte is inherent wisselvallig en opbrengste onvoorspelbaar, net soos die prestasie van fondsbestuurders, maar Easterbrook sê dit is juis die korttermynrisiko’s wat kapitaalverlies kan veroorsaak en waarteen beleggers moet waak.

“Op ’n praktiese vlak, as ’n mens saam met die aandelemark die pas volhou in tye wanneer hy sterk presteer en jou kapitaal beskerm in die swak tye, sal ’n portefeulje ’n goeie kans hê om inflasie op medium termyn te klop. Dit is ook waarop ons fokus.”

  • Op Dinsdag 25 September kom ’n span van die land se voorste fondsbestuurders Bloemfontein toe om lesers se vrae oor die geleenthede en slaggate van die huidige beleggingsklimaat te beantwoord.

Dis vanjaar reeds die vyfde keer dat die Welvaartkongres ten bate van Volksblad se Ons-gee-om-fonds gehou word, en nou vir die eerste keer ook ten bate van Radio Rosestad se Gee-fonds. Die tema vanjaar is: Is onsekerheid die nuwe norm?

Die gasspreker is die politieke ontleder Theo Venter van die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

Jenwil, Volksblad en Glacier van Sanlam se Welvaartkongres word by Summerwood gehou, 17:00 vir 17:30. Verversings word bedien en ’n kontantkroeg is beskikbaar. Bywoning is gratis, maar dit is noodsaaklik dat plek vooraf bespreek word by office@jenwil.co.za of deur 051 447 0463 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1045,57 (1578)
  • Top 40 50219,76 (2284)
  • All Share 56381,29 (8265)
  • Resource 10 43075,79 (10792)
  • Financial and Industrial 30 75226,26 (1943)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.