Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
#JouVraag: In watter fonds moet ek my geld belê?
Dit voel dalk soos raaiwerk, maar solank jy die bord tref, is jy wat beleggings betref, op koers. Foto: Pixabay

Die vraag wat finansiële adviseurs en sakeverslaggewers gewoonlik lam in die boud maak, is: In watter effektetrustfonds moet ek belê?

Theo Vorster, uitvoerende hoof van die advies- en batebestuursfirma Galileo Capital, en Hanlie Stadler, Netwerk24 se sakeredakteur, het die afgelope week weer dié vraag gekry op die Sake en Sauvignon-gespreksreeks op Aardklop. Die laaste sessie, vandag om 14:00, handel oor aftreebeplanning. Dit is gratis en word by die NWU Besigheidskool naby Media24 se Feeskafee gehou.

Vorster het die afgelope week gefokus op die oorhoofse beginsels van beleggings.

Jy moet basiese dinge in plek stel, soos ’n begroting, risikodekking, beheer oor jou skuld en ’n noodfonds.

Jy kan tegelykertyd belê, maar voordat jy die batebestuursfirma of spesifieke fonds kies, moet jy besluit watter kombinasie van bateklasse (die vier grotes is aandele, genoteerde eiendom, kontant en effekte) die beste by jou verskillende doelwitte sal pas.

Jy moet ook besluit in watter “pakkie” jy jou beleggings wil sit – elkeen met sy eie voor- en nadele. Dit sluit in uittree-annuïteite, belastingvrye beleggings, polisse of bloot diskresionêre effektetrustfondse.

Ons pleidooi is dat lesers die regte proses volg. Hier is drie artikels wat die proses, foute en ander raad vir jou uiteensit:

Maar ons wil nie die vraag ontwyk nie en het toe gaan kyk na navorsing wat vantevore oor die beste effektetrust- en beursverhandelde produkte gedoen is.

Lesers moet onthou dat daar byna 1 300 aktiewe en passiewe fondse in Suid-Afrika beskikbaar is. Dis inderdaad oorweldigend om daaruit te kies. Die belangrikste is dat lesers wel inflasie op lang termyn klop – en dis gerusstellend dat byna 95% van alle fondse dit wel regkry.

Dis ook bitter belangrik dat jy nié belê in die fonds wat die vorige jaar die beste gevaar het nie; belegging is ’n langtermyn-spel.

Uiteindelik is dit die lengte van jou belegging, asook die koste daarvan, wat jou sukses as belegger gaan bepaal, nie of jy in ’n fonds van Investec, Prudential, Allan Gray, Sanlam Investment Management (SIM), Coronation, Nedbank, Stanlib of enige van die honderde ander batebestuursfirmas belê is nie. (Ons beveel wel aan dat jy seker maak ’n firma bestaan darem al ’n rukkie óf is gestig deur mense wat al ’n stewige reputasie in die bedryf het!)

Dis ook bitter belangrik dat jy nié belê in die fonds wat die vorige jaar die beste gevaar het nie; belegging is ’n langtermynspel. Moenie die baie keuses as verskoning inspan om nié te begin belê nie.

Morningstar het die oorhoofse data van byna 800 aktief en passief bestuurde fondse wat aan ons kriteria voldoen het, verskaf. Netwerk24 het self die afleidings uit die data gemaak.

Ons het slegs gekyk na fondse wat al vyf tot tien jaar bestaan. Die 10 jaar is 2007-’16; waar vyf jaar gebruik is (vir passiewe beleggings), is dit vir 2012-’16.

Die opbrengs is die geannualiseerde jaarlikse opbrengs ná koste (vereenvoudig gestel, die gemiddelde jaarlikse opbrengskoers).

Daar is fondse wat beter gevaar het, maar hulle bestaan nog nie 10 jaar nie. Aangesien ons na langtermynprestasie kyk, het ons hulle uitgesny.

Risiko-aptyt is belangrik. Die fondse met laer aandeleblootstelling vaar dalk plek-plek swakker, maar is ook minder wisselvallig. Indien jou beleggingstermyn korter is as 7 jaar, sal jou voorkeur bes moontlik wees om laer totale opbrengs te aanvaar, maar ’n meer gelykmatige opbrengs oor die periode.

Ons is voorstanders van laekoste- passiewe beleggings juis omdat navorsing, plaaslik én internasionaal, toon dat net die minderheid van aktiewe batebestuurders die beurs self kan klop.

Die Spiva-telkaart wat Standard & Poor’s vroeër vanjaar uitgereik het, het bevind dat net 27,5% van SuidAfrikaanse aandelefondse in 2016 die aandeelhouersgeweegde indeks van alle aandele (Swix All Share, kortliks Swix) geklop het. Oor 3 jaar het 19,9% van fondse die Swix geklop en oor 5 jaar 23%.

Die probleem met passiewe beleggings is weliswaar dat min fondse nog al tien jaar lank in Suid-Afrika genoteer is. Satrix was die voorloper van plaaslike indeksfondse.

Maar genoeg voorwaardes, bepalings en kwalifikasies, hier is ons opsomming van die beste fondse in verskillende kategorieë!

10 beste SA aandelefondse oor 10 jaar

1. Aylett Equity Prescient B3 14,25%

2. SIM Top Choice Equity B1 13,61%

3. Nedgroup Investments Private Wealth Equity 13,14%

4. Sanlam Growth Institutional B1 13,12%

5. Abax Equity Prescient B3 12,56%

6. Coronation Top 20 12,55%

7. Absa Large Cap 12,22%

8. Coronation Equity 12,29%

9. Foord Equity 12,1%

10. Prudential Equity A 11,96%

Dié fondse het 100%-blootstelling aan aandele.

10 beste SA fondse met hoë aandeleblootstelling oor 10 jaar

1. Rezco Value Trend A 12,94%

2. SIM Managed Aggressive Fund of Funds B1 11,11%

3. Coronation Balanced Plus A 11,08%

4. Allan Gray Balanced A 11,06%

5. Investec Opportunity R 10,93%

6. SIM Managed Moderate Aggressive Fund of Funds B1 10,71%

7. Investec Managed R 10,58%

8. Prudential Balanced A 10,57%

9. Foord Balanced R 10,38%

10. PSG Balanced A 10,36%

10 beste SA fondse met matige aandeleblootstelling oor 10 jaar

1. NGI Private Wealth Balanced Fund of Funds 10,94%

2. SIM Managed Moderate Fund of Funds B1 10,6%

3. Stanlib Multi-managed Real Return B3 9,9%

4. Stanlib Absolute Plus B2 9,74%

5. FG IP Saturn Flexible Fund of Funds A1 9,54%

6. Coronation Capital Plus 9,49%

7. Baroque BCI Moderato Fund of Funds A 9,29%

8. Noble PP Balanced Fund of Funds A1 9,26%

9. MI-PLAN IP Inflation Plus 7 B2 9,21%

10. Analytics Ci Moderate Fund of Funds B 9,11%

10 beste SA fondse met lae aandeleblootstelling oor 10 jaar

1. Prudential Inflation Plus A 10,51%

2. Investec Cautious Managed Z 10,32%

3. NGI Private Wealth Defensive Fund of Funds 10,23%

4. Absa Absolute A 9,56%

5. Allan Gray Stable A 9,51%

6. MET Odyssey Conservative Fund of Funds A 9,49%

7. SIM Managed Cautious Fund of Funds B1 9,38%

8. Kruger Stanlib Prudential Fund of Funds B1 9,15%

9. Autus BCI Stable A 9,14%

10. Old Mutual Real Income B 8,89%

5 beste passiewe beleggings oor 10 jaar

1. Prudential Enhanced SA Property Tracker Fund 15,85%

2. Satrix Indi 25 15,83%

3. Absa NewGold 13,11%

4. Satrix Swix Top 40 10,85%

5. Satrix 40 Portfolio 9,38%

6. Satrix Fini 15 9,38%

10 beste passiewe beleggings oor 5 jaar

1. DBX Tracker MSCI USA 25,67%

2. DBX Tracker MSCI World 21,88%

3. DBX Tracker MSCI Japan 19,15%

4. CoreShares Proptrax Ten 18,32%

5. Prudential Enhanced SA Property Tracker Fund 17,56%

6. Satrix Fini 16,41%

7. CoreShares Proptrax Sapy 16,40%

8. DBX Tracker MSCI Eurostoxx 16,01%

9. DB MSCI China Total Return 15,88%

10. NewFunds S&P GIVI INDI 15,21%

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1684,73 (8860)
  • Top 40 49792,42 (-3513)
  • All Share 56107,48 (-3818)
  • Resource 10 46643,98 (-1924)
  • Financial and Industrial 30 73027,33 (-2799)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.