Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
JSE: Só vaar 2018 se nuwe noterings

2018 was beslis nie ’n goeie jaar om op die JSE te noteer nie.

Die beurs het verlede jaar 11 maatskappye verwelkom. Uit die 11 het net drie – Mettle Investments, Old Mutual Beperk en Motus Holdings – vir beleggers ’n positiewe opbrengs opgelewer tussen hul notering en Oujaarsdag.

Al drie dié firmas is ontknopings. Mettle, waarin Christo Wiese ’n belang hou, is van die eiendomsfirma Tradehold ontknoop; Old Mutual van die Britse moedermaatskappy; en Motus van Imperial.

17 maatskappye het in 2018 gedenoteer.

Hier is ’n lys van hoe noterings deur die loop van 2018 verander het. Die finale prys wat aangegee word vir noterings is die sluiting op 31 Desember 2018 en die opbrengs is vir die tydperk sedert notering ook tot 31 Desember.

   

JANUARIE

      

Denotering:

Vestin Holdings

  • Datum: 22 Januarie
  • Bord: Bord vir kleiner maatskappye (AltX)

    

FEBRUARIE

       

Denoterings:

Buildmax

  • Datum: 6 Februarie
  • Bord: Hoof

BSi Steel

  • Datum: 27 Februarie
  • Bord: AltX

   

MAART

    

Notering:

Kore Potash plc (KP2)

  • Datum: 29 Maart
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Algemene mynbou
  • Noteringsprys: R2,75
  • Hoogtepunt: R2,75
  • Laagtepunt: 70c
  • Prys: R1,80
  • Opbrengs -2,7%
  • Markwaarde: R1,5 miljard
  • Kore Potash ontgin potas in die Republiek van die Kongo by sy Sintoukola-projek. Kore het in Desember in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê hy het ’n ooreenkoms met die Kongolese regering onderteken wat die verdere ontwikkeling van die projek waarborg.

    

Denoterings:

Alert Steel Holdings

  • Datum: 5 Maart
  • Bord: AltX

Awethu Breweries

  • Datum: 5 Maart
  • Bord: Hoof

Bonatla Property Holdings

  • Datum: 5 Maart
  • Bord: Hoof

RBA Holdings

  • Datum: 5 Maart
  • Bord: AltX

  

APRIL

  

Notering:

Hosken Pax Log and Rail (HPR)

  • Datum: 24 April
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Verbruikersdienste
  • Noteringsprys: R10,00
  • Hoogtepunt: R10,00
  • Laagtepunt: R4,06
  • Prys: R4,30
  • Opbrengs: -38,13%
  • Markwaarde: R1,3 miljard
  • Hosken was voorheen bekend as Niveus Invest 17. Dit is in Kaapstad gesetel en bedryf busdienste in die Wes-Kaap.

  

MEI

  

Noterings:

Libstar Holdings (LBR)

  • Datum: 9 Mei
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Verbruikersgoedere
  • Noteringsprys: R12,50
  • Hoogtepunt: R12,70
  • Laagtepunt: R5,70
  • Prys: R7
  • Opbrengs: -43,27%
  • Markwaarde: R4,6 miljard

  • Libstar vervaardig en verkoop kos en huishoudelike produkte. Die maatskappy is in Johannesburg gesetel.

Vivo Energy plc (VVO)

  • Datum: 10 Mei
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Verbruikersdienste
  • Noteringsprys: R30,00
  • Hoogtepunt: R31,13
  • Laagtepunt: R17,65
  • Prys: R22,50
  • Opbrengs: -25%
  • Markwaarde: R27 miljard
  • Vivo bemark en verkoop brandstof en smeermiddels onder die Shell-handelsnaam in Afrika. Sy primêre notering is in Londen.

Mettle Investments (MLE)

  • Datum: 23 Mei
  • Bord: AltX
  • Sektor: Finansieel
  • Noteringsprys: R1,25
  • Hoogtepunt:R1,80
  • Laagtepunt: 26c
  • Prys: 99c
  • Opbrengs: 20,73%
  • Markwaarde: R222 miljoen
  • Mettle Investments verskaf finansiële dienste soos finansiering, administrasie- en raadgewende dienste aan maatskappye en individue. Dis van die eiendomsfirma Tradehold ontknoop en afsonderlik genoteer. Christo Wiese besit ’n belang van nagenoeg 15,6% in Mettle deur sy beleggingsbeheerfirma Titan.

Distell Group Holdings (DGH)

  • Datum: 30 Mei
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Verbruikersgoedere
  • Noteringsprys: R130,00
  • Hoogtepunt: R149,00
  • Laagtepunt: R100,13
  • Prys: R107,40
  • Opbrengs: -17,38%
  • Markwaarde: R24 miljard
  • Distell Group Holdings het Distell op die JSE vervang in ’n transaksie waarin Capevin-aandeelhouers hul Capevin-aandele vir Distell-aandele verruil het. Capevin is terselfdertyd gedenoteer. Distell is Suid-Afrika se grootste drankvervaardiger met onder meer Amarula, Hunter’s, Klipdrift, Nederburg, Richelieu, Savanna en Viceroy in sy stal.

    

Denotering:

Central Rand Gold

  • Datum: 24 Mei
  • Bord: AltX

  

JUNIE
    

Noterings:

Exemplar REITail (EXP)

  • Datum: 12 Junie
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Finansieel
  • Noteringsprys: R10,50
  • Hoogtepunt: R10,55
  • Laagtepunt: R10,39
  • Prys: R10,40
  • Opbrengs: -0,95%
  • Markwaarde: R3,1 miljard
  • Examplar is ’n eiendomsbeleggingstrust met 20 winkelsentrums in sy portefeulje. Hy is in Pretoria gesetel.

Grindrod Shipping Holdings (GSH)

  • Datum: 19 Junie
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Nywerhede
  • Noteringsprys: R195,00
  • Hoogtepunt: R219,00
  • Laagtepunt: R69,76
  • Prys: R75,36
  • Opbrengs: -61,35%
  • Markwaarde: R1,5 miljard
  • Grindrod het sy skeepsafdeling op die Nasdaq in New York genoteer. Hy het ’n sekondêre notering op die JSE. Die notering was nie om kapitaal in te samel nie, maar sodat Grindrod Shipping beter geëvalueer kan word en saam met ander internasionale skeepsrederye genoteer kan wees. Die maatskappy se inkomste het in die ses maande tot einde Junie met 22,3% tot $150,8 miljoen gedaal. Dit was hoofsaaklik weens die verkoop van Unicorn Bunker Services en ’n laer inkomste uit sy afdeling vir tenkdienste.

Quilter plc (QLT)

  • Datum: 25 Junie
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Finansieel
  • Noteringsprys: R25,88
  • Hoogtepunt: R28,44
  • Laagtepunt: R19,93
  • Prys: R21,92
  • Opbrengs: -18,21%
  • Markwaarde: R39 miljard
  • Quilter was voorheen bekend as Old Mutual Wealth. Hy het as deel van Old Mutual se ontknoping afsonderlik op die Londense aandelebeurs met ’n sekondêre notering op die JSE genoteer.

Old Mutual (OMU)

  • Datum: 26 Junie
  • Bord: Hoof
  • Sektor: Finansieel
  • Noteringsprys: R29,40
  • Hoogtepunt: R31,64
  • Laagtepunt: R20,69
  • Prys: R22,40
  • Opbrengs: 4,43%
  • Markwaarde: R107 miljard
  • Old Mutual het as deel van sy ontknoping sy primêre notering van Londen teruggeskuif na Suid-Afrika. Old Mutual Bpk. het Old Mutual plc op die beurs vervang.

  

    Denoterings:

    IPSA Group plc

    • Datum: 1 Junie
    • Bord: AltX

    Capevin Holdings

    • Datum: 5 Junie
    • Bord: Hoof

    Distell Group

    • Datum: 7 Junie
    • Bord: Hoof

    Old Mutual plc

    • Datum: 26 Junie
    • Bord: Hoof

      

    JULIE

      

    Denoterings:

    Blue Financial Services

    • Datum: 9 Julie
    • Bord: AltX

    ZCI

    • Datum: 9 Julie
    • Bord: Hoof

    StratCorp

    • Datum: 23 Julie
    • Bord: AltX

    The Waterberg Coal Company

    • Datum: 23 Julie
    • Bord: Hoof

      

    SEPTEMBER

      

    Denotering:

    Sasol Inzalo (RF)

    • Datum: 18 September
    • Bord: Swart ekonomiese bemagtiging

       

    NOVEMBER

      

    Notering:

    Motus Holdings (MTH)

    • Datum: 22 November
    • Bord: Hoof
    • Sektor: Verbruikersdienste
    • Noteringsprys: R84,40
    • Hoogtepunt: R97,79
    • Laagtepunt: R76,02
    • Prys: R88,01
    • Opbrengs: 4,2%
    • Markwaarde: R17 miljard
    • Motus is van Imperial Holdings ontknoop. Motus voer passasiers- en ligte kommersiële voertuie in. Hy besit ook die voertuigverhuringsmaatskappye EuropCar en Tempest in Suid-Afrika. Die maatskappy is in Johannesburg gesetel.

      

    DESEMBER

      

    Denotering:

    Randgold Resources (RNG)

    • Datum: 31 Desember
    • Bord: Hoof
    • RNG het gedenoteer nadat hy met die goudreus Barrick Gold saamgesmelt het.
    Meer oor:  Jaaroorsig  |  Jse  |  Beleggings  |  Aandele
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    • INDEKS
    • GELDEENHEDE
    • KOMMODITEITE
    Data word met 15 min. vertraag
    • Gold Mining 1337,72 (-828)
    • Top 40 50081,17 (-27911)
    • All Share 56183,21 (-35451)
    • Resource 10 44237,36 (24326)
    • Financial and Industrial 30 75163,15 (-70604)

    Sakegesprek

    Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.