Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Kies ’n Aandeel: Geliefde bank was nié beste keuse

Week vyf van Netwerk24 Sake se Kies ’n Aandeel-spel om lesers kans te gee om hul slag op die effektebeurs te wys, is verby. En dit lyk asof lesers die pad effens byster geraak het . . .

Kies ’n aandeel
Kies ’n aandeel is Netwerk24 Sake se nuwe pretspeletjie saam met lesers wat in beleggings belang stel.

Ná vier weke waarin lesers net een keer nié die kol getref het nie, het die meeste lesers wat deelneem, vandeesweek nie net die swakste aandeel gekies nie, die top-aandeel was ook die ongewildste op die ranglys.

Die bes presterende aandeel was die een met die grootste risiko, maar dus tog ook die grootste potensiële opbrengs: Tongaat Hulett.

Dié beleërde maatskappy se aandeelprys het in een week se verhandeling ’n enorme opbrengs van 8,47% vir lesers verseker, maar net 3% het vir hom gestem.

Die gewildste aandeel-keuse was Capitec Bank – met 41% van lesers, die grootste konsensus nóg in die Kies ’n Aandeel-spel, wat hom as hul wenner aangewys het. Ongelukkig het Capitec dié week die swakste gevaar met net 0,97%-groei in sy aandeelprys.

Al het geen leser in dié week se spel ’n verlies op sy of haar fiktiewe belegging van R100 000 gemaak nie, was die ranglys van gewildste aandele en die volgorde van die top-aandele bykans ’n omgekeerde spieëlbeeld van mekaar, behalwe vir een skuif.

Die grafika hieronder gee ’n gedetailleerde ontleding van hoe jou fiktiewe R100 000-belegging in week vyf van Kies ’n Aandeel gevaar het.

In aanstaande week se spel sal diegene wat nog dapper genoeg is om weer te probeer, hopelik ’n kans kry om verlore aansien te herwin – die Sake-span sal beslis duim vashou.

So, speel gerus weer Sondagaand saam en kyk of jy die nuus wat jy lees tot jou voordeel kan inspan – al is dit net vir die pret.

kies

Meer oor:  Kies ’N Aandeel  |  Beleggings  |  Aandeelpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1375,9 (-3901)
  • Top 40 48427,67 (13755)
  • All Share 54423,55 (15232)
  • Resource 10 42754,47 (37147)
  • Financial and Industrial 30 72753,67 (6357)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.