Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Kies ’n Aandeel: Goeie week, maar ook ’n raaisel

Die beste korttermynbelegging wat jy die afgelope week kon doen uit die vyf aandele wat ons voorgestel het, was in die klere- en huiswaregroep TFG, moedermaatskappy van onder meer Foschini, Totalsports en American Swiss.

Kies ’n aandeel is Netwerk24 Sake se nuwe pretspeletjie saam met lesers wat in beleggings belang stel.

’n Belegging van R100 000 in dié maatskappy het die afgelope week met R4 710 of 4,7% gestyg – ’n verstommende styging in net ’n week. Dis ’n bietjie van ’n raaisel waarom – die groep het geen handelsverklaring uitgereik nie en daar is ook nie syfers oor die kleinhandelsektor as geheel uitgereik nie.

Die ander aandele op die lys was Anheuser-Busch InBev (AB InBev), Comair, Netcare en Fortress.

Die swakste belegging wat jy kon doen, was in die lugdiensgroep Comair, wat British Airways en Kulula in Suid-Afrika bedryf. Jou belegging sou met R888,89 oftewel 8,89% gedaal het.

Comair was die enigste aandeel uit die vyf in ons Kies ’n Aandeel-speletjie wat gedaal het, maar Netcare het nie geroer nie.

Maar hoe het lesers gestem? Die meerderheid mense (39%) het vir die tweede beste aandeel van die week, die bierreus AB Inbev, gestem en ’n stewige R1 332,85 in hul sak gesteek. Die tweede grootste persentasie stemme (31%) was ongelukkig vir Comair.

Net 11% van mense het vir die wenner, TFG, gestem.

  • Kies ’n Aandeel gaan ’n blaaskans neem vir die res van April, maar in Mei keer dié speletjie met mening terug met ’n meer realistiese tydlyn as ’n week en ook meer aandele om uit te kies. Hou dié ruimte dop – en dankie aan al ons lesers wat vir die pret saamspeel, al is daar geen geld op die spel nie!
kies 'n aandeel
Meer oor:  Kies 'N Aandeel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.