Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Kies 'n Aandeel: Is jy slimmer as ander Sake-lesers?

Dit is week twee van Netwerk24 Sake se spel waarin lesers uit vyf aandele dié een kan kies wat hulle meen oor die volgende week die beste op die JSE sal vaar.

Kies ’n aandeel
Kies ’n aandeel is Netwerk24 Sake se nuwe pretspeletjie saam met lesers wat in beleggings belang stel.

Met ’n fiktiewe R100 000 om in slegs een uit die vyf aandele te belê, moet lesers die risiko en jongste inligting oor die vyf maatskappye oorweeg en ’n keuse maak.

Gaan jy onstuimigheid inspan in die hoop dat jy so die hoogste opbrengs sal kry, of gaan jy ’n staatmaker kies om potensiële grootskaalse verliese te minimaliseer?

Saterdag sal ons wys hoe lesers gestem het en die persentasie-verandering in elke aandeelprys deur die loop van die week wys.

Daar is geen pryse op die spel nie, behalwe ’n lekkerkry-gevoel as jy ander lesers uitstof.

Lewer gerus kommentaar op ons keuse en later op die resultate wanneer ons dit Saterdag publiseer.

Vandeesweek het lesers ’n keuse uit die volgende aandele, maar onthou, baie faktore beïnvloed aandeelpryse oor die loop van slegs ’n week, so neem soveel moontlik in ag:

  • Absa: Hy het Donderdag aangekondig hy gaan sy banke herstruktureer op grond van ’n nuwe strategie om sy wins te verbeter. Die herstrukturering fokus op die kleinhandels- en die handelsbank-afdeling, wat meer as die helfte van Absa se wins genereer. Die herstrukturering kan tot meer as 800 afleggings lei.
  • Pepkor: Ná ’n onstuimige maand het Pepkor se aandeelprys Vrydag weer goed begin optel. Die maatskappy hou op Maandag 11 Maart sy jaarvergadering. Beleggers sal hier wil hoor wat die impak is van voorsiening van meer as R500 miljoen wat gemaak word vir die lenings van topbestuurders om aandele in Steinhoff te koop. Ook op die kaarte is terugvoer oor ’n ondersoek deur Werksmans na die geldigheid daarvan dat Pepkor vir die skuld moet pa staan.
  • Aspen Pharmacare: Die medisynevervaardiger het Donderdag sy halfjaarsyfers bekend gemaak. Sy skuld het met R6,7 miljard tot R53 miljard in die halfjaar tot einde Desember toegeneem. In dié tydperk het die maatskappy se inkomste ietwat toegeneem, maar weens die enorme finansieringskoste van sy skuldlas het sy bedryfswins met 6% gedaal. Sy aandeelprys het Vrydagoggend met 35% gedaal, maar is dit nie dalk ’n goeie koopgeleentheid nie?
  • MTN: MTN se gewoonlik stabiele aandeelprys het in Februarie vir die eerste keer in ’n jaar wesenlik gedaal, maar dit het teen Vrydag weer al sy waarde (en meer) teruggekry. Die maatskappy het Donderdag aangekondig dat hy deur middel van groot uitbreidings van sy datadienste en fintech-aanbiedinge groei van 22% tot R28,5 miljard in sy data-inkomste verwag. Beleggers het die nuus oor groot planne vir die nabye toekoms verwelkom.
  • Harmony Gold: Namate die onsekerheid op wêreldmarkte die afgelope maande toegeneem het weens handelsoorloë, swak ekonomiese groei en ander geopolitieke faktore, het die prys van goud as toevlugsoord in onseker tye gestyg. Harmony se aandeelprys weerspieël grootliks dié styging, ten spyte van dreigende stakings in Suid-Afrika. Die aandeelprys het Vrydag met meer as 6% gestyg.
Meer oor:  Mtn  |  Pepkor  |  Aspen  |  Absa  |  Harmony Gold  |  Aandeelpryse  |  Kies ’N Aandeel  |  Beleggings
Stem
Resultate
Kies 'n Aandeel: Is jy slimmer as ander Sake-lesers?
  • 13%
    Absa (JSE: ABG)
  • 12%
    Pepkor (JSE: PPH)
  • 24%
    Aspen Pharmacare (JSE: APN)
  • 31%
    MTN: (JSE: MTN)
  • 19%
    Harmony Gold (JSE: HAR)
  • MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    • INDEKS
    • GELDEENHEDE
    • KOMMODITEITE
    Data word met 15 min. vertraag
    • Gold Mining 2579,48 (5818)
    • Top 40 48247,95 (-18709)
    • All Share 53995,82 (-19210)
    • Resource 10 42465,54 (-4274)
    • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

    Sakegesprek

    Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.