Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Kies ’n Aandeel: Sal jy nou in Naspers belê?

Dit is week vyf van Netwerk24 Sake se pretpoging om die beste amateur-aandelemakelaars onder ons lesers te identifiseer.

Kies ’n aandeel
Kies ’n aandeel is Netwerk24 Sake se nuwe pretspeletjie saam met lesers wat in beleggings belang stel.

Elke week kies Netwerk24 Sake se lesers een uit vyf aandele om in ten volle ’n veronderstelde R100 000 te belê met die oog om teen die sluiting van die JSE aanstaande Vrydag die hoogste opbrengs te verseker.

Die eerste vier weke se spel wys dat Sake-lesers beslis die mark kan baasraak, met om en by ’n derde van lesers wat keer op keer die hoogste moontlike opbrengs vir hulself kon verseker.

Natuurlik besef ons ’n week is ’n baie kort beleggingstyd en lesers wat elke week reg raai, moet ook in ag neem dat markte soms oorreageer.

Hou Netwerk24 Sake dus dop vir die nuus wat ’n aandeel op kort termyn kan roer.

Vandeesweek moet lesers weereens mooi kyk waar geleenthede lê, maar ook mooi besluit wat die risiko is van ’n geleentheid jaag wat dalk ’n versteekte strik kan wees.

Saterdag sal ons wys hoe lesers gestem het en die persentasieverandering in elke aandeelprys in ’n grafika uitbeeld.

Daar is geen pryse op die spel nie, maar dit bly lekker om te sien hoe jy vaar. Lewer gerus kommentaar op ons keuse en later op die resultate wanneer ons dit Saterdag publiseer.

Vandeesweek het lesers ’n keuse uit die volgende aandele:
  • Naspers: Naspers het op 25 Maart die bom laat bars dat hy al sy waardevolste belange in Europa aan noteer. Dit sluit in sy belang in Tencent en Mail.ru, asook OLX, Delivery Hero, Avito, Letgo, PayU, iFood, Swiggy, Udemy en MakeMyTrip. Die sogenaamde verbruikers-internetgroep gaan in Amsterdam op die Euronext-beurs noteer. Dit het nog nie ’n naam nie en staan vir eers as NewCo bekend. Batebestuurders is skepties oor of die notering van ’n Naspers-kloon oorsee gaan help om die veelbesproke waardasiegaping, oftewel diskonto, te verminder.
  • Capitec Bank: Capitec het die afgelope week uitstekende syfers bekend gemaak. Die bank het ’n enorme 500 000 kliënte net in Januarie en Februarie bygekry. Hy is oortuig daarvan dat ’n kombinasie van produkte die sleutel tot sukses in die plaaslike banksektor is.
  • MultiChoice Groep: Dit is nou al vyf weke sedert dié maatskappy, wat voorheen ’n filiaal van Naspers was, op die JSE genoteer het. Die vraag is nou of beleggers steeds so opgewonde is daaroor as wat hulle kort na sy notering was.
  • Kumba Iron Ore: Die maatskappy – wat ystererts in die Noord-Kaap ontgin – het verlede week baie goed op die JSE presteer. Dit blyk hernude onderhandelinge tussen die VSA en China is die rede hoekom maatskappye wat op hulpbronne fokus, weer ’n hupstoot gekry het.
  • Tongaat-Hulett: Dié mag dalk na ’n eienaardige keuse lyk, maar gesien dat beleggers die afgelope week weer dié aandeel begin ondersteun het, is dit ’n goeie vraag of ons lesers dit ook sal doen. Die suikergroep se aandeelprys het op 11 Maart tot die laagste vlak ooit geval nadat hy aangekondig het dat hy sy vorige finansiële state sal moet hersaamstel.
Meer oor:  Kumba Iron Ore  |  Naspers  |  Capitec Bank  |  Multichoice  |  Kies 'N Aandeel
Stem
Resultate
Kies ’n Aandeel: Sal jy nou in Naspers belê?
  • 36%
    Naspers
  • 41%
    Capitec Bank
  • 7%
    Multichoice Groep
  • 13%
    Kumba Iron Ore
  • 3%
    Tongaat-Hulett
  • MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    • INDEKS
    • GELDEENHEDE
    • KOMMODITEITE
    Data word met 15 min. vertraag
    • Gold Mining 2417,42 (6258)
    • Top 40 48865,06 (-69430)
    • All Share 54876,82 (-74598)
    • Resource 10 43434,32 (-38670)
    • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

    Sakegesprek

    Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.