Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Kontant: Die gety kan gou wissel

Kontant het miskien die laaste paar jaar koning gekraai in die beleggingswêreld, maar die gety kan binnekort keer vir konserwatiewe beleggers.

Baie mense kyk na wat die afgelope jaar of drie gebeur het, maar in die afgelope 87 jaar was kontant net in 11 jare die bes presterende bateklas. Dit was in jare wat die JSE swak gevaar het, soos tydens die Groot Depressie.

Só waarsku twee van die land se grootste beleggingshuise, Old Mutual Investment Group (OMIG) en Allan Gray.

OMIG het die afgelope week hul jaarlikse “Long-term Perspectives”-verslag bekend gemaak wat kyk na die verskillende bateklasse se prestasies oor die afgelope 100 jaar, eerder as die laaste paar stormagtige jare.

Zain Wilson, portefeuljebestuurder van OMIG, sê die jaarlikse opbrengs van 5,8% vir die plaaslike aandelemark oor die afgelope vyf jaar het talle beleggers moedeloos en dis maar net ’n raps meer as die 5,3% jaarlikse inflasiekoers vir dieselfde tydperk.

Kontant het beter gevaar, maar dit sal nie beleggers se reële welvaart oor tyd laat groei nie.

Oor ’n tydperk van 94 jaar het kontant ’n opbrengs van net 1% per jaar gelewer ná inflasie (reële opbrengs), wys die verslag.

Wilson sê teen die gemiddelde langtermynopbrengs sal dit jou geld tien jaar neem om te verdubbel as dit in plaaslike aandele belê is, 42 jaar in plaaslike effekte en 87 jaar as dit in kontant is.

Aandele behoort die kerndeel van ’n beleggingsportefeulje uit te maak en sal altyd beter vaar as kontant in ’n kapitalistiese ekonomiese stelsel solank individuele regte en eiendomsbesitreg beskerm word, sê hy.

Gontse Tsatsi, hoof van kleinhandelverspreiding by OMIG, sê baie beleggers verkies tans kontant bo aandele uit vrees dat hulle geld kan verloor.

Baie kyk na wat die afgelope jaar of drie gebeur het, maar in die afgelope 87 jaar was kontant net in 11 jare die bes presterende bateklas. Dit was in jare wat die JSE swak gevaar het, soos tydens die Groot Depressie.

opbrengs

Duncan Artus en Nathan Wridgway van Allan Gray sê in ’n nota selfs ná katastrofes soos die Groot Depressie in 1929 en die Asiese krisis in 1997 het die aandelemarkte daarna herstel.

“In die jare wat kontant beter opbrengste as aandele gelewer het, was die daaropvolgende vier jaar se hoë opbrengs op aandele noemenswaardig.”

Volgens Tsatsi waarborg kontant sekuriteit op kort termyn en aandele bied op lang termyn die beste kans om welvaart te skep. Data wys sedert 1929 was daar byna elke jaar ’n ander bateklas wat daardie jaar die beste gevaar het en daarom bly ’n gediversifiseerde multibate-belegging die beste manier om risiko te bestuur.

Historiese data wys sodra jou beleggingstydperk in plaaslike aandele drie jaar of langer is, word die kanse al hoe skraler dat jy sal verloor, sê hy.

Wilson sê hoewel Suid-Afrikaanse beleggers ’n moeilike vyf jaar agter die rug het, word beter opbrengste in die toekoms verwag en daar is vir die eerste keer in tien jaar waardegeleenthede.

Hy en sy span verminder stelselmatig hul blootstelling aan markte soos Amerika, en verhoog blootstelling aan Suid-Afrikaanse bateklasse waar hulle goeie geleenthede oor die volgende vyf jaar sien, soos genoteerde eiendom.

“Suid-Afrikaanse effekte is steeds ons voorkeur-bateklas en dit is nog te vroeg om aggressief plaaslike aandele te koop, maar daar is areas met aanloklike waardasies.”

Artus en Wridgway sê Allan Gray stem hiermee saam.

Die JSE se indeks van alle aandele (gemeet in Amerikaanse dollar) is op dieselfde vlakke as in April 2007 en hulle vind vir die eerste keer in ’n lang ruk geleenthede in Suid-Afrikaanse aandele.

“Niemand weet wat die toekoms inhou nie, maar die geskiedenis het geleer die waarskynlikheid van positiewe groei vir beleggers wat op lang termyn in aandele belê, is hoog.

“Die indeks van alle aandele was al laer en maatskappywinste is onder druk, maar dit lyk nie ideaal om 100% van jou bates in geldmarkfondse in randwaarde te hê nie.”

Volgens Wilson moet jou beleggings op lang termyn inflasie klop, anders vreet dit weg aan die geld wat jy het om te bestee en sal jy genoodsaak wees om jou lewenspeil ná aftrede in te kort om te keer dat jou geld opraak.

aandele
geldmark
Meer oor:  Kontant  |  Beleggings  |  Bateklasse  |  Geldmark  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.