Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Koop nou ook dié digitale munt op Luno
Bitcoin bly die wêreld se grootste digitale geldeenheid. Foto: Unsplash

Beleggers kan nou ook ripple koop en verkoop op Luno, Suid-Afrika se grootste verhandelingsplatform vir digitale geldeenhede.

Ripple is tans die wêreld se derde grootste digitale geldeenheid, gegrond op sy totale markwaarde van $12,5 miljard.

Luno bied reeds die verhandeling in bitcoin, ethereum en bitcoin cash aan. Maar weens die “groeiende vraag” na ripple sal dit nou ook vanaf 3 Maart op Luno aangeskaf kan word, sê Marius Reitz, algemene bestuurder van Luno in Afrika.

“2020 was sover ’n interessante jaar vir alternatiewe munte waarvan baie beter as bitcoin presteer.”

Die waarde van ethereum is reeds 104% hoër as aan die begin van Januarie, terwyl die prys van bitcoin cash reeds 87% hoër is.

Die prys van ripple is 41% hoër as aan die begin van die jaar. Die bitcoin-prys het in dieselfde tydperk met 35% gestyg.

Luno het in 2019 sy gebruikers gevra watter digitale geldeenhede hulle graag op die platform wil sien en ripple was ’n gunsteling.

Op die internasionale verhandelingsplatform Coinbase verhandel ripple tans teen R4 per munt. R34,8 miljard se ripple is in die laaste 24 uur verhandel en daar is tans 43,7 miljard ripple munte in omgang.

Bitcoin verhandel tans teen R151 417 op Luno, ethereum kos R4 103 en bitcoin cash verhandel teen R5 838.

Luno het nog nie bekend gemaak teen hoeveel ripple op sy platform gaan verhandel sodra dit beskikbaar is nie.

Digitale geldeenhede kos aansienlik duurder op Luno as op internasionale verhandelingsplatforms.

Luno gaan wel ripple teen ’n “verlaagde prys” aanbied vir die eerste 30 dae wat dit op die platform beskikbaar is.

Meer oor:  Luno  |  Beleggings  |  Bitcoin  |  Digitale Geld  |  Ripple  |  Kriptogeld  |  Kriptogeldeenhede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.