Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
KYK: Só lyk superluukse jag van R2,3 mjd. van naby
Die Octopus kom in die Kaapse hawe aan.Foto: Jaco Marais

Wat doen vandag se multi-miljardêrs as hulle hulself ’n bietjie wil trakteer? Hulle koop ’n jag, natuurlik.

Verskeie van die wêreld se rykste mense, insluitende die rolprentregisseur Steven Spielberg, die Russiese sakeman Roman Abramowitsj en Paul Allen, medestigter van Microsoft, besit ’n seiljag.

Die Octopus in Kaapstad

Die Octopus het verskeie dekke en word dikwels vir navorsing gebruik. Foto: Getty Images

Allen se welbekende jag, die Octopus, het Donderdag die Kaapse hawe binnegevaar. Hierdie sakeman, belegger en filantroop besit die jag reeds sedert 2003 en het nagenoeg R2,3 miljard daarvoor betaal.

Die jag het plek vir 26 gaste en beskik oor ’n swembad, ’n dek vir twee helikopters, ’n basketbalbaan, asook sy eie duikboot.

Die Octopus het slaapplek vir 26 gaste in 13 en-suite-kamers. Daar is ook ’n swembad, basketbalbaan en plek vir twee helikopters aan boord.Foto: Getty Images

Allen leen dikwels die Octopus aan navorsers uit om die bodem van die wêreld se oseane te verken.

Dit word ook gebruik om ou skeepswrakke te vind, insluitende die wrak van die USS Indianapolis wat in die Tweede Wêreldoorlog deur ’n torpedo getref is.

Die Octopus is in 2003 gebou en is 126 m lank.Foto: Getty Images

Dit is nie bekend of Allen self aan boord van die Octopus is terwyl dit in die Kaapse hawe vasgemeer is nie.

Die filantroop het Donderdag ’n foto van walvisse wat langs die Amerikaanse kus baljaar, op Twitter geplaas, wat die indruk wek dat hy nie tans in Suid-Afrika is nie.

Paul Allen, medestigter van Microsoft, se superluukse jag.Foto: Getty Images

Die duurste jag nóg

Jagte is nie goedkoop nie. Die meeste sogenaamde superjagte kos meer as R2,3 miljard (die prys van Allen s’n) elk, en die duurste een nóg het sy (onbekende) eienaar na bewering ’n volle R57,5 miljard gekos.

Dié jag, genaamd die History Supreme,  behoort glo aan ’n sakeman van Maleisië en is versier met baie goud, platinum en diamante.

In dié 30 m lange jag se hoofslaapkamer is daar ook ’n ornamentele standbeeld wat uit die been van ’n Tirannosourus Rex gekerf is, berig The Sun.

Die History Supreme is die wêreld se duurste seiljag. Foto: Stuart Hughes

Die History Supreme het drie jaar geneem om te bou en is vroeër vanjaar aan sy eienaar afgelewer.

Die wêreld se grootste superjag word glo deur sjeik Khalifa bin Zayed Al Nahyan, president van die Verenigde Arabiese Emirate, besit. Die Azzam is 180 m lank en beskik glo oor sy eie missiele as verdediging.

Meer oor:  Paul Allen  |  Superrykes  |  Jag  |  Octopus  |  History Supreme  |  Seiljag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.