Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
KYK: Vryheidsdag met 3 nuwe munte gevier

Die Suid-Afrikaanse Munt vier die 25ste herdenking van die land as demokrasie met ’n splinternuwe reeks gedenkmunte.

Dié reeks bestaan uit ’n goue R500-munt asook ’n silwer- en bronsmunt elk ter waarde van R50.

“Dit is tematies ons mees demokratiese muntstuk. Die ontwerpe kom van mense wat in ’n vrye Suid-Afrika gebore is. Hulle moes uitbeeld hoe hulle vryheid ervaar. Ons het saam met baie jong en talentvolle kunstenaars gewerk om hul beeld van ’n grondwetlike demokrasie lewe te gee,” sê Tumi Tsehlo, besturende direkteur van die SA Munt.

Die R50-bronsmunt.Foto: SA Munt

Die konstitusionele hof word op die R500-munt uitgebeeld.

Dié munt is deur Shaun Gaylard ontwerp.

’n Ry mense wat wag om te stem, soos wat die geval was op 27 April 1994, word op die silwermunt uitgebeeld.

Laura Windvogel, wat dié munt ontwerp het, is deur Khoisan-tekeninge geïnspireer.

“Ons, die mense van Suid-Afrika” is die tema vir die bronsmunt.

Die R50-silwermunt.Foto: SA Munt

Peter Mammes wat dié munt ontwerp het, het dié bewoording in die ontwerp ingesluit. Die kruisies wat deel van die agtergrond op die munt vorm, verteenwoordig die kruisies wat Suid-Afrikaners op hul stembriewe getrek het.

Die hande simboliseer Suid-Afrikaners wat mekaar se hande vat en ’n eenheid vorm.

Garth Walker het die lettertipe ontwerp wat op al die munte gebruik word.

Die oorspronklike vorm van die letters wat vir dié lettertipe gebruik is, is op die tipiese geskrewe of graffiti-tipe skrif gebaseer wat veral in tronke gesien is.

Die goue R500-muntstuk.Foto: SA Munt

Met verloop van tyd het die lettertipe die naam “die gesig van ’n nasie” gekry. Die lettertipe is die eerste keer op die buitekant van die gebou gebruik waar die konstitusionele hof gehuisves word.

Die silwer- en bronsmunte is reeds by die SA Munt beskikbaar. Die goue munt sal van Mei af beskikbaar wees.

Meer oor:  Vryheidsdag  |  Munte  |  Geldsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.