Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Laaste Aldum bedank by mikrolener Bridge
Maritz Aldum (46) het as direkteur van die mikrolener Bridge Corporate bedank nadat hy in Augustus op aanklagte van onder meer bedrog in die hof verskyn het.
Emile Aldum (48) het in Junie 2015 as direkteur van Bridge Corporate bedank.
Corné Aldum, die Aldum-broers se pa, het in 2013 as direkteur van Bridge Corporate bedank.

Maritz Aldum (46), die laaste lid van die Aldum-familie by die mikrolener Bridge Corporate, het as direkteur bedank.

Maritz, sy broer Emile (48), en pa, Corné (70) het einde Augustus op aanklagte van bedrog, alternatiewelik diefstal, oortredings van die Bankwet en die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste in die handelshof in Johannesburg verskyn.

Lees ook: Pa en seuns in boeie in hof

Die klaer is Leon Strydom, ’n voormalige brandweerman. Hy is een van duisende beleggers wat geld verloor het in Bridge.

Netwerk24 het in 2015 berig Bridge skuld sy beleggers nagenoeg R790 miljoen, terwyl ’n verwante maatskappy – Onecor – sy beleggers, wat veral bejaardes insluit, nagenoeg R250 miljoen skuld. Bridge en Onecor het saam net meer as 1 400 beleggers.

Onderstaande berig verduidelik hoe die twee maatskappye in mekaar steek.

Lees ook: Bridge, Onecor: Dit knor al lank met geldsake

“Ek het bedank. Sodra die saak afgehandel is, sal ek myself weer as ’n direkteur verkiesbaar stel,” sê Maritz. Hy is in Junie 2015 as direkteur aangestel.

Luidens die klagstaat was die beskuldigdes direkteure van Bridge en het hulle skuldbriewe en aandele aan die publiek verkoop. Mense is gelok met beloftes van ’n hoë maandelikse opbrengs en dat hul kapitaal veilig is.

Strydom het skuldbriewe van R1,3 miljoen gekoop en het die geld verloor.

Clifford Coombe (44), ’n prokureur en ouddirekteur van Bridge Corporate en ook ’n aandeelhouer in Coombe & Associates, is beskuldigde nommer een in die saak. Hy was egter nie saam met die Aldums in die hof nie.

Clifford Coombe (44) word saam met die Aldums aangekla. Hy het egter nie in Augustus saam met hulle in die hof verskyn nie.

Waaroor gaan die klagte?

Luidens die klagstaat is die geld in ’n trustrekening van Coombe gedeponeer. “Daarvandaan is dit na ’n ander rekening geskuif en nooit belê nie.”

Die staat voer aan die beskuldigdes het met die voorneme om Strydom te bedrieg aan hom voorgegee dat hulle gelisensieer is om die funksies van ’n bank te verrig en gemagtig is as ’n finansiëledienstegroep. Strydom is na bewering onder valse voorwendsel aangespoor om te skuldbriewe te koop waarop hy jaarlikse rente van 19% beloof is.

Aldums ontken aantygings

Maritz het per e-pos geantwoord op ’n versoek om kommentaar van die Aldums: “Die klagte van mnr. Strydom is vals, ongegrond, sonder meriete en misleidend. Ons ontken enige van die aantygings teen ons.

“Die staat het geen geldige klagte teen ons nie. Ons konsulteer met ons regspan en sal alle regsremedies tot ons beskikking gebruik vir die skade veroorsaak en om ons onskuld te bewys. Ons sal ook die nodige regstappe begin ten opsigte van vals en misleidende verklarings wat mnr. Strydom aan die staat verskaf het.”

Op die vraag waarom Coombe nie saam met hulle in die hof verskyn het nie, antwoord hy: “Ons dra geen kennis van Coombe se doen en late nie.”

Volgens die registrateur van maatskappye is Coombe op dieselfde dag dat Bridge gestig is in November 2012 as direkteur aangestel. Hy het in Maart 2015 bedank.

Coombe is telefonies by sy regsfirma, Coombe & Associates, in Pretoria opgespoor, maar wou nie kommentaar lewer nie.

Corné en Emile is op 28 November 2012 as direkteure aangestel. Corné het in 2013 bedank en Emile in Junie 2015 op dieselfde dag dat sy broer aangestel is.

Netwerk24 het voorheen berig Emile is geskors.

Lees ook: Emile Aldum van Bridge geskors

Oor hul volgende verskyning sê Maritz: “Indien die aanklaer voortgaan met die saak, sal dit op 16 Oktober gebeur.”

Likwidasie afgeweer

Die Aldums het in die hof verskyn kort nadat Bridge ’n aansoek om likwidasie afgeweer het. Die aansoek is reeds in November 2015 deur die beleggers Markus Janser en Maurizio Decinti aanhangig gemaak.

Decinti sê hy is teleurgesteld oor die uitspraak en ook hoe lank dit geduur het voordat die hof uitsluitsel gegee het. Die verhoor was in 2017 en die uitspraak in Augustus vanjaar was 15 maande later. Hy sê hulle oorweeg hul opsies, maar ’n appèl sal duur wees.

Janser het R11,5 miljoen belê. Decinti het krediteure verteenwoordig wat altesame R30,8 miljoen se finansiering aan Bridge verskaf het.

Onderstaande berig bevat die agtergrond oor die hofsaak.

Lees ook: Bridge ‘nie insolvent’, maar kort geld 

Jaarstate laat

Netwerk24 wou Bridge se jongste jaarstate onder oë kry om te sien hoe sy sake tans daar uitsien nadat hy in September 2015 uit sakeredding geneem is.

Volgens Ryneveld van der Horst, uitvoerende hoof, is die geouditeerde state vir die jaar tot einde Februarie 2017 nog nie afgehandel nie.

Hy gee die gesloer met die likwidasie-aansoek die skuld. “Dié hangende aansoek het die maatskappy onder ongelooflike druk geplaas, maar dit is nou iets van die verlede.”

Die ouditeure is AFCA & Partners.

Kredietverlening gaan voort

“Ons werk hard daaraan om ons onderneming te groei en aandeelhouerswaarde te ontsluit. Ons is steeds in die leningsbedryf, maar het ons model aangepas.”

Volgens Van der Horst word “langer lenings, teen laer rentekoerse en baie laer paaiemente vir die debiteure” nou verskaf.

“In die verlede was die gemiddelde maandelikse paaiement sowat R1 700. Dit is tans sowat R500 per maand, wat dit baie meer bekostigbaar vir die debiteur maak.”

Op die vraag of hulle nuwe beleggers kry, het hy gesê: “Bridge het nie tans nuwe beleggers nodig nie.”

  

So is oor die jare oor Bridge berig

    

  • April 2014

Omstrede Bridge-mikrolener geen vennoot van RMB

  • September 2014

Bridge in sakeredding

  • Oktober 2014

Wat gaan aan by Reserwebank?

  • November 2014

Bridge, Onecor: Dit knor al lank met geldsake

  • Desember 2014

Cambist, Bridge: Donker dae vir beleggers

NKR wil Bridge se krane toedraai

  • Februarie 2015

Aldums, Flemix: Gaan hul kierangs uitbraai?

Bridge ontken roekelose lenings

  • Maart 2015

Emile Aldum van Bridge geskors

Niflas: Nóg n skema met Bridge-bande in die sop

  • Mei 2015

Sakeredder het nog nie Bridge afgeskryf

Bridge-redder wil nuwe maatskappy skep

  • Junie 2015

Diefstalklag nadat Bridge skuldbriewe verkoop

  • Julie 2015

Kommer oor Bridge se red-plan

Bridge: Likwidasie-aansoek word ingedien

  • Augustus 2015

Bridge se direkteure steek miljoene in hul eie sak

Bridge se likwidasie teëgestaan

  • September 2015

Bridge vir eers nie gelikwideer

Nuwe plan, maar sal dié een Bridge kan red?

  • Oktober 2015

Bridge-beleggers ‘gaan 52 jaar wag vir hul geld’

Onsekerheid in George oor beleggingskema

  • Desember 2016

Bridge skort dividende aan beleggers op

Bridge ‘nie insolvent’ maar hy kort geld

Bridge-trust gaan behoeftige beleggers help

  • September 2018

Aldums in boeie in handelshof oor Bridge

Meer oor:  Bridge  |  Bedrog  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1108,65 (2792)
  • Top 40 45929,03 (12363)
  • All Share 52146,04 (14659)
  • Resource 10 39470,3 (2238)
  • Financial and Industrial 30 69022,22 (28521)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.