Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Makliker manier om staatseffekte te koop
’n Elektroniese verhandelingsplatform vir staatseffekte is op die JSE bekendgestel.

’n Elektroniese verhandelingsplatform vir staatseffekte wat Woensdag op die JSE bekend gestel is, plaas dié beurs aan die voorpunt van die wêreld se kapitaalmarkte.

Die nuwe platform is geskep in vennootskap met die nasionale tesourie en ’n belangegroep bestaande uit Strate (die land se amptelike sekuriteitebewaarplek), die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) en die banke wat primêre handelaars bedien.

Die loodsprogram is reeds sedert 18 Julie in bedryf en hierna is die volle spektrum van effekte ingefaseer, sê die JSE in ’n verklaring.

Teen 22 Augustus het al nege primêre handelaars met verhandeling op die nuwe platform begin.

Dit verskaf volgens Donna Nemer, direkteur van kapitaalmarkte van die JSE, al die voordele van ’n bedryfsomgewing van wêreldgehalte.

Transaksiekoste sal laer wees en handelaars sal pryse regstreeks kan sien, wat meer prysontdekking moontlik maak. Prysontdekking is die bekwame uitsnuffel van verkeerd geprysde bates, wat dan natuurlik ’n groter opbrengs hierop moontlik maak.

Sy glo die nuwe platform vir staatseffekte sal Suid-Afrika se kapitaalmark-infrastruktuur onder die mees gesofistikeerde in die internasionale kapitaalmarkte plaas.

“ ’n Meer gesofistikeerde markinfrastruktuur is tot voordeel van die uitreikers van die effekte en beleggers, en dit posisioneer ons as ’n aantreklike beleggingsbestemming.”

Die nuwe platform help Suid-Afrika ook om sy verbintenis tot die hervorming van sy kapitaalmarkte as deel van die G20-lande na te kom.

Meer as R2 000 miljard se staatseffekte is tans op die JSE genoteer en dié instrumente is verantwoordelik vir tot 90% van alle skuldmarklikiditeit wat aan die JSE gerapporteer word.

Staatsinstellings reik effekte uit en noteer dit dan op die JSE om finansiering in te samel vir groot infrastruktuurprojekte soos paaie, hospitale of kragstasies.

Beleggers leen dan weer op hul beurt die geld aan die regering wat rente daarop aan hulle betaal en die kapitaal ná ’n sekere tydperk terugbetaal.

“Dit was ’n lang sewe jaar sedert die idee vir die elektroniese verhandelingsplatform vir die eerste keer geopper is tot vandag se bekendstelling,” sê Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies.

Hy sê die instelling van die platform getuig van die prestasies wat behaal kan word as die regering en die private sektor saamwerk vir ’n gemeenskaplike doelwit.

Meer oor:  Donna Nemer  |  Jse  |  Staatseffekte  |  Staatsinstellings  |  Aandelemark  |  Aandele  |  Verhandelingsplatform
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.