Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Nico van Gijsen: BK is nie die plek vir beleggings

Iemand vra die afgelope week of ek dink ’n beslote korporasie (BK) is ’n goeie plek vir sy beleggings. Die rede hiervoor? Die laer inkomstebelastingkoers vir BK’s.

Nico van Gijsen

Kom ons begin met ’n stelling. Jou beleggings in ’n BK hou vir jou geen belastingvoordeel in nie.

Trouens, dit kan ’n negatiewe belastinggevolg vir jou hê. Die eerste en belangrike punt wat jy moet verstaan, is dat ’n BK ’n eie regspersoonlikheid het. Die BK is nie jy nie. Die BK word belas as ’n persoon. Julle is twee verskillende persone.

Die enigste doel van ’n BK, of maatskappy, is om ’n saak te kan bedryf en die finansiële risiko van die saak te beperk tot die BK, of maatskappy, sodat jy nie self aanspreeklikheid vir alles hoef te aanvaar nie.

Uiteraard is daar in die Maatskappywet beperkinge, maar dis nie waaroor dit nou gaan nie.

Om entrepreneurs te help om hul saak te bedryf en om die ekonomie te bevorder en werk te skep, word BK’s en maatskappye belas teen ’n gunstige inkomstebelastingkoers van 28%. Hulle betaal ook nie dividendbelasting nie. Die doel is om sake aan te help, nie om vir jou ’n laerbelastingopsie te bied nie.

Ja, daar is mense met BK’s wat selfs hul huishoudelike inkopies deur die BK doen, net om Jan Taks in te loop. Maar dit is oneerlik.

Ja, daar is mense met BK’s wat selfs hul huishoudelike inkopies deur die BK doen, net om Jan Taks in te loop. Ek weet daar is rekenmeesters wat hieraan meedoen. Maar dit is oneerlik.

Kom ons maak nou ’n paar belastingsomme.

Hoe kry jy jou beleggingsgeld in die BK? Onthou, ek het hierbo genoem die BK is ’n ander regspersoon. Jy kan dit verkoop, wat nie gaan sin maak nie, of jy kan dit leen, in welke geval die BK jou die geld gaan skuld, wat ook nie lekker sin maak nie. Of jy kan dit skenk, in welke geval geskenkbelasting van 20% ter sprake is.

Kom ons sê jy het R2 miljoen. Jy skenk dit aan die BK om te belê. Ná jou R100 000-vrystelling is die belasting daarop R380 000. Die belegging in die BK is nou R1 620 000. En die belegging moet groei met byna 23,5% net om by die oorspronklike R2 miljoen uit te kom.

Intussen betaal die BK inkomstebelasting op rente- en huurinkomste op die belegging teen 28% (individue betaal tussen 18% en 45%). Op kapitaalwins (KWB) betaal die BK 22,4% (individue betaal ’n maksimum van 18%). Daar is geen dividendbelasting in ’n BK of maatskappy nie (individue betaal 20% dividendbelasting).

Goed, jou geld is in die BK, maar hoe kry jy dit nou in jou sak? Byvoorbeeld, jy wil gaan vakansie hou oorsee.

Die BK kan vir jou ’n salaris betaal, as jy ’n werknemer is. Dit is dan belasbaar in jou hande teen jou marginale koers (tot 45%).

Of hy kan aan jou ’n dividend uitkeer, waarop jy dividendbelasting gaan betaal teen 20%. Maar die BK het reeds 28% inkomstebelasting betaal, onthou. Die totale belasting is dus 42,4%, byna soveel as die maksimum koers vir individue. Daar is ook nie vrystellings vir rente en kortings soos vir individue nie.

Kyk liewer na ’n polis om jou geld in te belê as dit vir jou gaan om belasting. In die polis word inkomstebelasting gehef teen 30% (teenoor die 45% maksimum vir individue). KWB is net 12% (teenoor 18% vir individue).

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.