Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Nico van Gijsen: Haal jou geld uit bank, belê dit

Kom ons begin met twee interessante stukkies beleggingstatistieke wat ek die afgelope week op ’n Old Mutual-beleggingsoorsig gekry het.

Nico van Gijsen

Desember 2018 was die swakste maand sedert 1931 (ja, doer in die depressiejare) vir aandelegroei. Januarie 2019 was die beste maand sedert 1987 vir aandelegroei.

Ja, dit wys die wispelturigheid van die aandelemark.

Maar dit wys ook onteenseglik dat as jy nie daarin belê nie, gaan jy die groot groei mis. Dit gebeur so skielik.

Ek het al keer op keer in my rubrieke daarop gewys dat die groot groei ná ’n markdaling (en ons het nou al sowat drie jaar van beleggingshel agter die rug) kom reg aan die begin van die opwaartse kurwe.

Dit kom nie wanneer markte stabiliseer, soos wat ek week ná week van mense hoor nie. Jy wil eerste wees, jy wil sit en wag daarvoor. Jy wil nie een van die laatkommers wees nie.

Dit gesê, ek hoor weekliks hoe mense kla oor die “toestand van die land”. Veral hoor ek hoe die rand gaan verswak – tot selfs R42 vir ’n dollar.

Kan jy dit glo? Ek hoor van mense wat hul geld oorplaas uit ’n baie sinvolle belegging na ’n bank omdat die rente daar die afgelope jaar beter was as in enige ander bateklas.

Ek is bevrees die klaery oor die politiek, die ekonomie, die droogte en wat nog als maak ons almal so negatief dat ons onsself sommer armer spaar ook.

Wel, ek het nuus vir diesulkes: Die dae van bankrente is verby. As jy daar was die afgelope jaar, sê dankie, al het ’n gebalanseerde portefeulje in baie gevalle ’n opbrengs van tot 3% meer gegee. Betaal jou (onnodige) belasting op die rente en dan onttrek jy jou geld en belê dit in ’n behoorlik saamgestelde beleggingsportefeulje.

Ek is bevrees die klaery oor die politiek, die ekonomie, die droogte en wat nog als maak ons almal so negatief dat ons onsself sommer armer spaar ook.

As jy al jou geld in die bank sit, betaal jy onnodige belasting op die rente - en trek nie die voordeel van die styging in aandeelpryse nie. Foto: iStock

Dit gaan ons regtig rede gee om te kla – en waarskynlik gaan ons weer die politici, makelaars, of wie ook al, die skuld gee.

Ek sien week ná week hoeveel geld mense verloor het en steeds verloor omdat hulle geval het vir die twak om alles in die buiteland te gaan belê.

Ja, sommige met nuut verkreë belange in sekere buitelandse fondse het onder meer gepredik dat jy selfs jou strandhuis moet verkoop.

Suid-Afrika is gedoem. Ai, tog.

Ons is almal ongelukkig oor die bedrieëry en korrupsie. Ek het nou ook gehoor Nelson Mandela se long walk to freedom het geëindig in ’n short sprint to corruption onder Jacob Zuma se ANC.

Politici het ’n invloed op die ekonomie – dit kan nie weggeredeneer word nie.

Maar die ekonomie, die sake-omgewing, word gedryf deur entrepreneurs. Positiewe mense wat geleenthede sien. Dis wat ons toekoms bepaal.

Dít en die rol wat ek en jy daarin speel, en nie deur hoe ons by mekaar sit en tjank oor hoe sleg dit gaan nie.

En nou my kristalbal vir 2019 en verder: As jy los geld het, of as jou geld alles in die bank lê, belê dit nou, anders gaan jy oor ’n jaar of vyf steeds sit en kla.

Suid-Afrikaanse aandele se pryse is nou goed. Alles dui op groei in die toekoms, as jy net jou oë wil oopmaak en nie meegevoer raak deur kommentators wat geld maak uit negatiwiteit en in elk geval mekaar napraat nie.

Afsluit-statistieke: Sedert 1960 klop aandele kontant agt uit tien keer oor elke tydperk van vyf jaar.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingprak­tisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Bateklasse  |  Geldmark  |  Aandele  |  Kontant  |  Beleggings  |  Bankrekeninge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1975,02 (-2032)
  • Top 40 51189,53 (136)
  • All Share 57277,35 (422)
  • Resource 10 45944,85 (25061)
  • Financial and Industrial 30 76693,8 (-18421)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.