Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Nico van Gijsen: Is staatseffekte ’n goeie belegging?
O
Is staatseffekte 'n goeie belegging?

’n Leser vra dié week of ek dink staatseffekte is ’n goeie belegging.

Dis ’n goeie vraag – nie altyd ’n goeie belegging nie. Kom ons kyk ’n bietjie breër as staatseffekte, anders beperk ons onsself.

Wat is ’n effek (Engels: bond)? Dit is ’n kapitaalmark-skuldinstrument. Die regering sal byvoorbeeld geld (by jou) leen vir ’n bepaalde termyn en ’n vaste rentekoers, en waarborg dan sowel die rente as die kapitaal. Ander rolspelers in die kapitaalmark is openbare korporasies, soos Eskom, plaaslike owerhede, en openbare-sektor-leners, soos universiteite.

’n Belegging in die kapitaalmark is niks anders nie as ’n lening wat jy maak aan die betrokke instansie met die waarborg van rente-inkomste en kapitaal.

Staatseffekte word beskou as die minste riskant omdat regerings gewoonlik hul waarborge gestand kan doen deur eenvoudig belasting te verhoog.

Laat ek net eers afwyk. Besluit maar self of jy nou nog vir hierdie regering van ons en veral vir Eskom jou spaargeld ook wil leen. Hulle het reeds byna al ons belastinggeld óf gesteel óf vermors.

Maar in die algemeen word ’n belegging in effekte gesien as ’n nie-riskante belegging wat goeie opbrengs lewer – in baie jare beter as byvoorbeeld ’n belegging in aandele. En byna altyd beter as ’n belegging in die geldmark.

Hier is nou die probleem: Jou belegging is blootgestel aan bewegings in rentekoerse.

Onthou, jy koop effekte aan teen ’n ooreengekome rentekoers. Dit is dus logies dat as rentekoerse styg, daal die waarde van jou effekte, want jy kon beter doen in die geldmark as die rente waarvoor jy gekontrakteer het.

As die rentekoers daal, is jy natuurlik beter daaraan toe.

Dan is daar ook die kwessie van belasting. Rente is belasbaar as inkomste (ná jou jaarlikse rentevrystelling) en jy sal dus tot soveel soos 45% belasting betaal.

Uiteraard beïnvloed belasting die netto opbrengs van jou belegging.

’n Belegging in effekte vereis dus dat jy heelwat kennis het van die mark en doeltreffend voorspellings kan maak oor rentekoersbewegings as jy werklik waarde daaruit wil kry.

Nico van Gijsen

Ek sal in elk geval voorstel dat jy nie al jou geld in effekte belê nie.

Die effekte-komponent van jou belegging is vir inkomste-sekerheid en beskerming van jou kapitaal. As jy kapitaalgroei soek, moet jy ook kyk na aandele in jou portefeulje.

My voorstel sal verder wees dat jy kyk na effektetrustfondse wat hoofsaaklik in effekte belê.

In die geval van een so ’n fonds sou jou opbrengs oor die afgelope tien jaar sowat 9% gemiddeld per jaar gewees het, met geen negatiewe maande nie. Dít teenoor inflasie van onder 5% per jaar wat uitstekend is vir veral ouer mense met min geld wat nie kan bekostig om markdalings te ervaar nie.

Die betrokke fonds het ’n effekte-blootstelling van meer as 80%.

Maar as ons kyk om bietjie meer in aandele, ingesluit buitelandse aandele, in die portefeulje in te bring, kyk ons na ’n opbrengs van sowat 12% per jaar gemiddeld op lang termyn. Maar met dié beleggings is daar wel maande met ’n negatiewe opbrengs.

Wat my bring by die belangrike boodskap vandag: Dit gaan nie om waar en waarin jy belê nie. Dit gaan in die eerste plek om jou risiko te versprei en te belê om in jou spesifieke beleggingsdoelwit te voldoen.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.