Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Beleggings
Nico van Gijsen: Jou risiko as bank hoë rente betaal

Heelwat is die afgelope tyd geskryf oor die nuwe Kredietwet en veral dié deel daarin wat slegte skuld afskryf. Ek wonder hoeveel lesers het al die lyn deurgetrek na die risiko wat dit vir beleggers kan inhou?

Nico van Gijsen

Veral vir diegene wat by banke belê wat hoër as sinvolle rente belowe, soos 11% en meer.

Daar gaan byna nie ’n week verby dat ek nie van lesers vrae kry oor veral ’n sekere bank wat rente-opbrengste belowe van meer as 11% nie. Daarom wil ek, voordat ek by die Kredietwet en beleggings kom, eers iets sê oor hoë rente oor die algemeen.

Die prima uitleenkoers by banke is tans 10,5%. Dit is wat jy betaal as jy ’n goeie kredietgeskiedenis het, met ander woorde die bank is gemaklik om geld aan jou te leen.

As jy geld by die bank spaar (belê), betaal die bank aan jou rente, omdat hy jou geld gebruik om uit te leen. Die “sinvolle” rente tans betaalbaar deur groot banke en geldmarkfondse is so om en by 6%. Die stuk tussenin (10,5% – 6%) is die bank se wins – niemand wat ’n stukkie verstand het, werk tog verniet nie.

Nou, hoekom sal ’n bank, as hy 10,5% kan verdien op sy lenings vir jou 11% en meer betaal vir jou geld om dit te kan uitleen? Hy kan dit net doen as hy teen ’n hoër koers sy geld kan uitleen.

En wie betaal meer rente as wat nodig is op sy skuld? Diegene met ’n minder goeie kredietgeskiedenis. Dis ’n eenvoudige begrip.

En dis waar jou beleggingsrisiko met beloftes van hoë rente lê. Die kans dat jy geld kan verloor, is soveel hoër. Trouens, hoe hoër die beloofde opbrengs, hoe groter jou risiko.

Iets ter syde. Ek sien selfs ’n groot bank bied ’n raps hoër rente aan as ander. As jy vir vyf jaar belê, kry jy 12% per jaar rente. Dit klink wonderlik, maar gaan maak self die som. Hulle neem net die totale saamgestelde rente oor vyf jaar (60%) en deel dit eenvoudig deur vyf en kom by 12% per jaar uit.

Verstaan hoe banke rentekoerse bereken. Foto: iStock

Eintlik is die rente nie 12% per jaar nie. Dit is net 10% per jaar. Saamgestelde rente is rente op rente. Die 10% per jaar saamgestel werk uit op so ’n raps meer as 60% oor vyf jaar. ’n Werklike 12% per jaar sou jou ná vyf jaar 76% saamgestelde rente gegee het (as dit waar was).

Goed, dit dan wat rente betref. Wat nou van die nuwe Kredietwet?

Wie se skuld gaan afgeskryf word? Die swak betalers natuurlik. Die geldjakkalse. Die mense wat nie lenings by verantwoordelike banke kan kry nie, maar wat wel lenings kan kry by banke wat hul skuld-risiko bestuur deur baie hoë rente te hef. En dan met ’n belofte van hoër rente aan jou, jou geld kry om te kan uitleen.

As genoeg mense nie hul skuld betaal nie en dit word afgeskryf ooreenkomstig die nuwe Kredietwet, loop jy eweneens ’n risiko.

Wat my pla, is dat dit gewoonlik mense is wat nie ’n aptyt vir enige beleggingsrisiko het nie wat “val” vir beloftes van hoë rente.

Gewoonlik is hulle ook diegene wat nie juis geld het om mee te begin nie.

  • Nico van Gijsen, ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en belastingpraktisyn, is besturende direkteur van Finlac en ’n lid van Fisa. Lesers kan navrae aan hom stuur deur te skryf aan Raad met jou Rande, Posbus 8422, Johannesburg 2000 of nico@finlac.com; Twitter: @Nicovangijsen.
Meer oor:  Nico Van Gijsen  |  Beleggings  |  Rente  |  Kredietwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.